— Al Ons Boeke —
Die Watermonster Brul
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 26
Die Swart Luiperd is steeds in Bolivië, waar hy en Ricardo Barossa, ’n ryk Portugees en avonturier, uiteindelik die mitiese Stad van Woera bereik het. Daar is die ontvangs egter minder as vriendelik, weens die vyandigheid van Berto, Ricardo se broer en nou die koning van die stad. Dit raak ’n stryd om oorlewing, met ’n angsvolle nag in die Grot van die Verderf en dan ’n geveg in die Put van Verderf teen die gevreesde watermonster. Gelukkig vir Leon is almal in Woera nie tevrede met Berto se tiranniese heerskappy nie en raak die Swart Luiperd teen sy sin betrokke by ’n rewolusie – maar wie is sy vriende, die soldate of die priesters?
Oorspronklik uitgegee in 1955.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Erfgenaam van Dietenheim
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 34
Tanya moet ’n lewensveranderende besluit neem, maar dan ontmoet sy vir Jean-Pierre. Hulle deel ’n passie vir die natuur en die beskerming van bedreigde plante, ’n liefde wat sy ook saam met oupa Ruben uitgeleef het. Is nuwe liefde genoeg, of is dit belangrik om dít waarvoor sy nog altyd gewerk het, ten koste van haar eie geluk te behou? Dis wanneer Jean-Pierre agterdogtig raak oor die geheimsinnigheid en gejaagdheid rondom haar komende huwelik met Francois, dat hy vir Tanya leer dat liefde én geluk is belangriker as aardse rykdom. Maar dit bly knaag waarom is Francois die erfgenaam van Dietenheim, en was Tanya se oorle’ oupa werklik so verbitterd dat hy haar nou met niks los?
Die Geheim in die Gisterboks
Anria Breed
Emma Roux · No. 7
Emma vind ’n houtkissie begrawe in die tuin van Kombrink Manor, maar voor sy dit kan oopmaak, vra Liam dat sy moet help om ’n vermiste familielid op te spoor. Dis wanneer Emma doen wat sy so goed doen, dat sy ’n sinistêre skakel oopgrou tussen die gisterboks se inhoud, Liam se vermiste oom en ’n onopgeloste moord van baie jare gelede. Probleem is dat daar is ook twee grillerige omies wat definitief sal verkies dat Emma haar speurwerk los vir netbal … wat beteken dat Emma, Hestine en Liam moet dringend by speurder Steenkamp uitkom!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lisa, My Vriendin
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 33
Lisa sê nog altyd vir my dat ek is ’n oppervlakkige man wat te veel waarde heg aan wêreldse dinge, en nou staan ek op trou met ’n vrou wat my alles gee wat ek begeer. Maar is dit regtig wat ek begeer? Is Lisa, my vriendin, nie dalk die een wat daardie leegte in my siel vir altyd sal vul nie, die gat wat ek met aardse goed probeer toestop? Ek moet nou kies tussen twee vrouens. En dan gaan staan ek soos ’n swaap in die middel van die straat en word omgery voor ek vir Lisa kan vertel hoe ek voel.
Skoenlapperkind
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 32
Alana se ma reken dit is tyd dat sy nou trou en besluit dat Rudolf is die perfekte kandidaat. Maar Alana voel onrustig, want alles aan hom is té perfek. Of is dit maar net omdat sy, volgens haar ma, ‘té vol strooi’ is oor goeie mans. Dan ontmoet Alana vir Daniel, met sy mooi oë wat tot die bodem van haar wese inloer elke keer as hy na haar kyk. Suksesvolle Rudolf, wat haar begeer, of besorgde Daniel, wat ’n meisie in die Kaap het? As die bome maar net wou antwoord as sy met hulle praat, dan sou hulle vir Alana soos ’n skoenlapper in die woud kon vry maak.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Onder die Sekelmaan
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 31
Maryke benodig ’n wegbreek en gaan saam met haar nuwe vriend, Keano, na die eksklusiewe Seyfereiland toe. Hulle wandel in die woud verander egter in ’n nagmerrie en toe Maryke dae later daar uitstrompel, hoor sy dat Keano is vermoor en sy is die hoofverdagte. Gelukkig neem die forse Mitchell haar onder sy vlerk en die twee besef gou dat daar meer agter die moord lê as wat die polisie vermoed. Maryke leer ook dat werk is nie al waaroor die lewe moet gaan nie en dat Mitchell is dalk die man van haar drome. Sy moet egter eers uitvind waarom Keano haar so diep die donker woud ingeneem het, voor sy aandag aan haar gevoelens vir Mitchell kan gee.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Droom
Anria Breed
GSSR · No. 6
Jana droom van ’n grusame moord, dieselfde droom oor en oor, elke keer as sy in haar bed slaap. Aanvanklik dink sy dis net ’n onaangename nagmerrie, maar wanneer ’n jong vrou uit die woonstel reg onder hare verdwyn, raak die droom net te waar. Die polisie reken sy mors hulle tyd hiermee, behalwe die aantreklike speurder Swart. Volgens hom is daar te veel detail in Jana se droom om toevallig te wees.
Soos wat die ondersoek vorder, so openbaar Jana se droom ook elke keer meer inligting oor die ontvoerde vrou en die skuldige. Gaan Jana en die speurder betyds wees om ’n moord te voorkom?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
’n Blinde Afspraak vir Hugo
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 30
Gene word gevra om ’n vriendskap met Hugo op te bou, alhoewel dit gou blyk dat almal wil hê dat dit spoedig tot 'n huwelik moet lei. Hugo is ’n redelik aangename man met goeie maniere, maar ook ongelukkig oor die familieplaas en sy betrokkenheid. Dis egter vir Gene moeilik om op te hou dink aan Elia, Hugo se ouer broer en die een wat die blinde afspraak gereël het. Dit is ook Elia wat haar amper daagliks kom optel om op die plaas te kom kuier. Wie moet Gene kies?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Roepstem van die Hart
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 29
Lindie koop die vervalle Swaanpark en huur ’n boumaatskappy op te help met die restourasie van die vakansie-oord. Onbekend aan Lindie, is Bernard, haar eks-man, ’n vennoot in die maatskappy en dis hy wat by Swaanpark opdaag. Sy maatskappy is egter die beste met hierdie soort werk en Lindie besluit dat sy Bernard se teenwoordigheid maar sal moet verdra. Oor die komende weke besef beide Lindie en Bernard dat ’n derde persoon in die geheim verantwoordelik was vir die opbreek van hul huwelik en dat hulle steeds gevoelens vir mekaar het. Ongelukkig is daar verskeie persone wat nie die hereniging van Lindie en Bernard se liefde vir mekaar sal duld nie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Riaan se Lag
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 26
Maria gaan kuier Desember by die Steyns, spesifiek tannie Susan en haar drie seuns, Daan, Riaan en Jan. Op skool was Maria en Jan dik vriende, hulle het alles wat stout was saam gedoen, terwyl sy en al die ander meisies smoorverlief was op die aantreklike Daan. Dinge is nou anders, want hulle het mekaar jare laas gesien en baie het intussen gebeur. Hulle het almal groot geword, veral Maria en die destydse boekneus Riaan. Dinge is nou definitief anders. Waarom voel Maria so aangetrokke tot die somber en bot Riaan? Is dit omdat hulle altwee hul eie diep hartseer het?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
As Maskers Val
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 27
Die koerant kry ’n wenk dat Justin Hudson, ’n afgetreede mynmagnaat, nou met perlemoen smokkel op Gansbaai. Eloise moet die storie gaan ondersoek, onder die voorwendsel dat sy oubaas Hudson se biografie wil skryf. Sy kinders vermoed onraad, veral Matthew, alhoewel hy tog ook aangetrokke voel tot Eloise. Dit is wanneer Eloise vir Justin Hudson en Matthew agtervolg terwyl hulle ’n duistere transaksie beklink, dat Eloise se kop en haar hart met mekaar begin stry – want sy hou van oom Hudson en Matthew laat haar veilig en warm voel.
Waarom sal die Hudsons, met hul biljoene, dan by perlemoensmokkelary betrokke wees? Eloise besef sy sal die hele sindikaat moet oopvlek om te weet of sy haar hart aan Matthew kan gee.E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Fees van die Kopbeen
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 25
Die Swart Luiperd is in Bolivië, op pad na die stad van Woera. Ricardo Barossa, ’n ryk Portugees en avonturier, het etlike jare gelede daarvandaan ontvlug, maar sy broer gevangene agtergelaat in die stad. Nou is dit Leon se taak om hom soontoe te vergesel en die lot van die vermiste broer te bepaal. Sake word egter benoud wanneer die ekspedisie die bron van voedsel raak vir ’n onbekende watermonster, en die wrede Jivaro’s nuwe kopbene begeer. Die Luiperdman se boog span tot breekpunt om Woera heelhuids te bereik.
Oorspronklik uitgegee in 1955.
Not Only Angels
Anria Breed
Inspiration & Daisies · No. 2
Evah is so used to being used that she feels forsaken by God, but her belief is challenged when her uncle cleans up his life. If religion can change him, does it offer her a similar salvation? Evah must learn that God never abandoned her, but that she must also challenge her circumstances and her perception of love. Fortunately she realises that there are many good people who want to help her find spiritual fulfilment and become the woman of God’s plan.
E-BOOK (DRM-FREE)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Artsie vir die Platteland
Gerrie Oosthuizen
Heideroos Romanse · No. 28
Kato Viljoen is nie net die nuwe veearts op die dorp nie, maar ook die punt van aandag vir elke jongman in die distrik. Sy moet behoorlik bontstaan om hulle weg te hou. Dis egter die kortaf Conrad Hoffman wat glad nie in haar belangstel nie, oor wie sy nie kan ophou dink nie. Maar hy dra ’n trouring en na die bloutjie wat sy met (die getroude) Flip geloop het, probeer Kato red van haar reputasie wat nog oor is om te red. Die lewe se draaie bereik breekpunt wanneer die waarheid oor almal se verlede op ’n dramaties punt tot die lig kom en Kato se lewe dodelik bedreig word.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
When Voices and Demons Collide
Ellie Grace, Anria Breed
Inspiration & Daisies · No. 1
Skye cannot adjust to life without her sister, who died in a car accident. Therapy and group sessions are not working … until she falls in love with the enigmatic Logan. He has some serious issues himself, including survivor guilt after a car accident. It is when they discover the fateful connection between their lives that their relationship is tested and their faith in God challenged.
E-BOOK (DRM-FREE)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Uitverkoop
Agatha van der Merwe
GSSR · No. 5
Die oggend wat Dwayne die bewustelose vrou uit die see gered het, het sy hele lewe verander. Sy het aan geheueverlies gely, so Dwayne het haar maar May gedoop en haar laat help op sy seiljag met die verfilming van ’n reeks oor die kuslyn. Dit is wanneer Dwayne se verloofde vir May uitken as haar vriendin, Vanessa, maar May self aandring dat haar regte naam Adelaide is, dat Dwayne ondersoek begin instel. Hulle vind uit dat haar naam werklik Vanessa is, en dat sy met ene Morné getroud is. Die polisie toon egter meer belangstelling in die beeldmateriaal vir die program as in wat daardie oggend met Vanessa gebeur het, selfs toe sy spoorloos verdwyn en Morné ontken dat hy ooit getroud was.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Reeksdigter
Anria Breed
GSSR · No. 4
Daar is ’n reeksmoordenaar besig om eensame vrouens in Herzogstraat te vermoor. Alles dui op Jack Smit, ’n digter wat die kommissie aanvaar het om ’n reeks gedigte oor reeksmoordenaars te skryf vir die koerant. Hoe hy die dade pleeg is wat die polisie nog nie kan bepaal nie, maar die vermoede is dat hy ’n medepligtige het wat hom help.
Dan oorleef een van die slagoffers en kom getuienis aan die lig wat bloot te ongelooflik is om die waarheid te wees. Of is Karin dalk die medepligtige en is haar spookagtige aanvaller ’n versindsel om hul siek speletjie uit te rek?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Rooi is die Waters
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 24
Die Swart Luiperd besluit om te gaan kyk hoe lyk die Krater van die Dood, maar oppad soontoe word hy deur vlugtelinge vertel dat fortuinsoekers hul stat aangeval en uitgemoor het. Die Luiperdman besef dat dit dieselfde safari is waarvan hy in Nairobi verneem het, een wat skynbaar net vreedsame natuurkundige studies wou doen. Nou is hulle egter ook oppad na die Krater van die Dood met gevangenes wat gaan moet die rykdom in die berg uitgrawe. Dis gedugte boewe waarteen Leon en sy makkers te staan kom, skurke wat raakskiet en nie skroom om die krokodille in die rivier te voer nie.
Oorspronklik uitgegee in 1955.
Die Sketskompetisie
Anria Breed
Emma Roux · No. 6
Emma en haar tannie Rentia gaan na die buurdorp om die uitstalling van die sketskompetisie te doen. Gelukkig is hulle vroeg, want daar aangekom, is die sketse weg en in hul plek ’n kriptiese reeks raaisels. Dit blyk dat iemand het sy (of haar) mes in vir Emma en dat die oplossings van die raaisels gaan aandui waar die skurk dit weggesteek het. Gaan Emma en Rentia die sketse vind voor die beoordelaars opdaag? Is die opsigter van die saal die skurk, want hy is die enigste ander persoon daar en tree darem net te verdag op.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Sewentig Maal Sewe
Dianne van Eeden
Heideroos Romanse · No. 25
Alana het nog altyd gereken dat Darryl maar net die skaam tipe is wat nie onnodig uitbrei oor homself nie. Dinge verander egter drasties wanneer Dwayne opdaag en Darryl genoodsaak is om die donker geheim in sy verlede met Alana te deel. Wat volg, is ’n harde toets van Alana se liefde vir Darryl … maar ook word die twee broers gedwing om te leer wat dit werklik beteken om te vergewe. Sewentig maal sewe keer.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
ZODIAC
Theo van Biljon
GSSR · No. 3
Dis 1975 en in Johannesburg ontwyk ’n reeksmoordenaar nou al vir maande die polisie. Die een gruwelike moord word na die ander gepleeg. Kolonel Oosthuizen sien net een uitweg en dit is om sy oud-topspeurder, Tienie van Zyl, weer op die saak te kry om die moordenaar se gedigte te ontsyfer en sodoende die duiwel aan te keer. Dit is ’n gevaarlike speletjie, veral toe die moordenaar begin om die speurders ook te teiken. Hoekom weet die moordenaar altyd presies wat die polisie dink? Is dit een van die speurders? Of dalk die koerantman wat soms net te veel weet oor die moordtonele?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Meanderpad na die Hart van Adelaides Rust
Gerrie Oosthuizen
Heideroos Romanse · No. 24
Daniël Gericke, kleinseun van Daniël senior, is ’n argitek en aandeelhouer in sy oupa se ontwikkelingsmaatskappy. Oupa Daniël dreig om hom te onterf as hy nie trou en ’n erfgenaam voorsien nie. In ’n restaurant hoor hy hoedat hy beswadder word deur Lucille Meyer, wat hy al vir maande vermy. Haar vriendin, ’n regte klein snipgesig, verklaar onomwonde dat sou sý hom dalk eendag ontmoet, sy vir hom sal wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
’n Meisie storm eendag in sy kantoor in. Niemand anders as die snipgesiggie, Sonnike Calitz, nie. Sy soek hulp om haar pa, wat daar werksaam was, se onskuld te bewys nadat hy van geldverduistering aangekla word. Hier sien hy sy kans om wraak te neem. Hy sal help slegs as sy instem om met hom te trou. Hý sal nou vir háár wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Seeprinses
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 22
Naomi moet die onverklaarbare dood van dolfyne gaan ondersoek. Sy beland in die enigste gastehuis op ’n klein, afgeleë gehuggie, waar die ander gaste ’n klomp mans is wat heeldag visvang. Behalwe die geheimsinnige Herman wat dalk net te veel in haar werk belangstel. Dit blyk gou dat die taak nie so maklik gaan wees nie en dat visvang is nie al waarmee die mans hulself besig hou nie, tot so ’n mate dat Naomi se ontluikende gevoelens nie net verraai word nie, maar dat sy naderhand ook in lewensgevaar verkeer.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Gesnyde Liefde
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 23
Amy moet na haar pa se dood by oom Daan en tannie Kitty gaan woon. Sy was nog altyd ’n ongelukkige en teruggetrokke kind, maar nou bestaan haar lewe slegs uit skool toe en in haar kamer sit. Dit is dan, wanneer sy alleen wegkruip, dat sy haarself oorgee aan Theo se musiek. Theo, die uiterlik rowwe seun met die tattoeëermerke, wat ook nes Amy die pyn van verwerping en verlating deur ’n ouer dra. Theo, wat in dieselfde huis woon, maar nooit gesels of groet nie.
Amy en Theo besef egter dat deur mekaar te ondersteun, kan hulle die verdriet van die verlede oorkom en hulself toelaat om te lewe en liefde te vind.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Geheim van die Groen Kar
Anria Breed
Emma Roux · No. 5
Die stuk pels van Liam se groen kar bly lostrek en dan word die rede duidelik: ’n boef wat daaraan peuter. Met nadere ondersoek, word ’n koevert met vier vreemde seëls daarop, gevind. Liam vra Emma se hulp om die raaisel van sy groen kar op te los. Wat hulle nie kan verstaan nie, is die doel van die koevert onder die pels. Dan verdwyn Liam en begin die boef vir Emma te dreig om hom op te spoor. Om dit te kan doen, moet sy eers die vorige eienaar van die pelskar vind, en besef dat die saak meer verstrengeld is as ’n bord spaghetti.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Oor Daniël
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 21
Linda en Daniël se kar gaan staan langs die pad wanneer hulle probeer vlug van Marko. Desperaat omdat niemand wil stop en help nie, aanvaar hulle Hermanus se aanbod om die motorkar na sy plaas toe te sleep en daar te oornag. Soos die dae verby gaan omdat daar gewag word vir parte vir die kar, vind hulle die rustigheid wat nog altyd in hul lewens onderbreek het. Daniël en Hermanus word groot vriende, maar Linda moet haar verlede konfronteer wanneer die wrede Marko opdaag en haar met geweld probeer opeis.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Spoke uit die Verlede
Marieta Bouwer
Heideroos Romanse · No. 20
Lindi besluit om ’n pos as veearts op ’n klein plattelandse dorpie te aanvaar, hoofsaaklik om finaal afskeid te neem van Alex. Daar ontmoet sy vir Dirk, die aantreklike (en ongetroude) beesboer wat haar sommer onmiddellik as onbekwaam behandel net omdat sy ’n vrou is. Tog blyk dit gou dat Lindi se vermoë as veearts nie werklik die rede vir Dirk se onbeskofde optrede is nie, maar met Lindi se eksman en die plaaslike rokjagter wat albei na haar vry, gaan Dirk ooit ’n kans gegee word?
Die Blitsbrekers
Johan L. Smith
GSSR · No. 2
Dan en Duitser is twee veglustige jongmanne wat vir die opwinding aansluit by Die Blitsbrekers, ’n spesiale eenheid van die weermag wat met motorfietse die landsgrense patrolleer. Daar raak hulle gereeld slaags met die sinistêre organisasie slegs bekend as die NKB, wat poog om die Republiek te destabiliseer vir ’n duistere doel.
Soos moderne ridders op hul ysterperde, jaag die twee makkers deur die Kalahari om plaas en dorp te beskerm teen die ‘Rooi Draak’.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Vallei van Gedrogte
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 23
Die gevreesde Nuba-Nuba is weer besig met hul terroristiese aktiwiteite. Majoor Clive Butler word deur die regering aangesê om hulle te stop en hul leier, die reuse M’wani, te vang. Min het Clive en sy twee maats geweet wat vir hulle wag daar in die Newelberge waar die Nuba-Nuba hulself skuilhou.
Etlike weke later, met hul gulsige lus vir dood en verwoesting nog vêr van bevredig, kruis die Nuba-Nuba se pad met dié van Die Swart Luiperd … maar eers moet die honger gedrogte van die verlore vallei getrotseer word.
Oorspronklik uitgegee in 1955.
Die Leidraad in die Hoed
Anria Breed
Emma Roux · No. 4
Emma ontdek weer die vreemde nota wat sy in die ou klokkiehoed gevind het en besluit om die raaisel te ontrafel en die skat te vind. Dis egter nie so eenvoudig nie, want daar is ’n skurk in die skadu’s wat vir Emma gebruik om vir hom die leidrade te ontsyfer. Verraad en gierigheid maak dat Emma leer wie is haar vriende en wie is haar vyande.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Op Gister se Spore
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 19
Amelia word ingelig dat sy is die erfgenaam van ’n plaas in Ierland. Aangesien haar lewe nie te vlot verloop nie, besluit sy om sak en pak ’n nuwe begin in ’n nuwe land te gaan maak. Die aankoms is egter nie soos sy verwag het nie en word Amelia uit noodsaak gedwing om vir eers te loseer by haar toekomstige buurman. Hy reken egter dat alles is nie pluis met die erflating nie en begin ondersoek instel. Om alles te kroon, is Amelia skielik seker dat haar erfplaas tans bewoon word deur die misbaksel wat jare gelede haar lewe verwoes het.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Ekstra Sleutel
Anria Breed
GSSR · No. 1
Die dag nadat Francois spoorloos verdwyn het, vind Annelize ’n ekstra sleutel aan haar sleutelbos. Wie het dit daar aangesit? Wanneer? Hoekom? Dan ontdek Annelize dat die sleutel die vreemde kissie versteek in haar slaapkamer oopsluit en so ook die vraag van wie was haar verloofde werklik?
Met behulp van Francois se vriend, Smithy, moet Annelize die een na die ander leidraad volg en raaisel oplos om by die antwoord uit te kom. Dis net dat Annelize is nie die enigste een wat die spoor volg nie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Wraak van die Gorillas
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 22
Krisjan glimlag weer en loop dan in die rigting waar hy die Luiperdman van sy perd sien val het. Hy beweeg vinnig en intussen hou hy die gras, bosse en rotse langs hom en voor hom stip dop. Hy het gesien dat die Luiperdman se luiperds by hom is. Dit mag net moontlik wees dat die diere hom lê en inwag. Maar met die geweer in sy hande, is hy nie juis bang nie. Voordat een van hulle naby hom is, sal hy hom kan omkap … nes hy sopas die Luiperdman doodgeskiet het.
Die Swart Luiperd kom te staan teen Ratau, ’n mensvreter-luiperd wat die plaaslike bevolking terroriseer. Dis egter die aankoms van ’n safari jagters met twee mak gorillas wat die Luiperdman laat reken dat alles is nie Ratau se werk nie.
Oorspronklik uitgegee in 1955.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Groen Skoene
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 18
Marlene is skielik werkloos en alleen, want die man vir wie sy lief was, reken hy het haar nie meer nodig nie. Sy gaan Natal toe om daar by die see haar kop en haar lewe uit te sorteer en ontmoet vir Henk Hoggan, ’n wyse omie wat haar help om die lewe te verstaan. Dinge verander egter wanneer die Hoggans se gluten-vrye seun opdaag en Marlene ontdek dat sy het ’n talent vir skoene ontwerp.
Maar is beroemdheid en twee honde, ’n trop ape, ’n pou en haar kuikens, kolganse en ’n vreeslike flankerige koningrooibekkie genoeg? Het mens nie ook liefde in jou lewe nodig om vol te kan wees nie?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Raaisel van die Rooi Borsspeld
Anria Breed
Emma Roux · No. 3
Emma en Hestine grou (met toestemming) tussen ouma Hester se juweliersware op soek na iets om te dra na ’n skoolfunksie toe. Hulle vind die pragtigste borsspeld, maar Ouma sê net nee, hulle moet ’n ander een kies.
Emma gaan saam met haar ouers na die Doyle-praghuis (wat hulle moet verkoop), waar sy hoor van die waardevolle borsspeld uit die familie se geskiedenis wat al jare verlore is … en tot Emma se skok sien sy op ’n portret dat dit is dieselfde borsspeld as ouma Hester s’n!
Die raaisel van die rooi borsspeld … Hoekom is dit in Ouma se besit? Het Ouma dit gesteel?
Emma se dilemma is dat sy nie vir Hestine hiervan kan vertel nie!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Geheim van die Wit Heks
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 19
“Maak hom dood! Slag hom af dat ons sy vel aan die Wit Heks kan bring.”
Daar volg ’n oorverdowende kreet en die agt Duiwelmanne storm met swaaiende knuppels. Simson en Spikkels hef dadelik ’n ewe luide gebrul aan. Die hele oerwoud sidder en vir ’n oomblik oordonder dit die geskree van die aanvallers. Noudat hulle soos een man storm, lyk hulle afskuwelik, wreed, doodtartend. Dit is asof ’n kordon duiwels met hulle monstergesigte moorddadig op die drietal losbars. ’n Gooimes trek deur die lug, maar die Swart Luiperd buk laag en dit val klinkend teen die boomstam agter hom.
In hierdie boek kom Leon en sy makkers se eerste avontuur in die woude van Suid-Amerika met geweld tot ’n einde, want die oomblik van afrekening met die wrede Wit Heks van Paititi het aangebreek!
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Liefde Gelouter
Gerrie Oosthuizen
Heideroos Romanse · No. 17
Petro se liefde word deur haar verloofde verraai en dan vind sy boonop uit dat sy is swanger. Hoe gaan sy die skande en oneer ooit verwerk?
Dewald word gejag deur ’n gewetenlose vrou wat besluit het dat hy nét die regte man vir haar gaan wees.
Petro en Dewald besluit om ’n skynhuwelik vir so drie jaar aan te gaan, want dan word beide se probleme mos opgelos. Hulle het egter nie rekening gehou met hul eie gevoelens nie … en veral nie met die vasberade Celia nie, wat tot gevaarlike uiterstes gaan om haar man te vang.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Geheim van die Geroeste Volla
Anria Breed
Emma Roux · No. 2
Vir die eerste keer sedert Graad Een, word Emma na die Gruvé-tweeling se verjaarsdagpartytjie genooi. Dit word hierdie jaar gehou op hul ouers se luukse wildplaas en Emma is van plan om die hele naweek al die natuurskoon in haar sketsboek vas te lê.
Dis egter wanneer Hestine en Trisha begin terg dat die rede vir die uitnodiging is omdat Bayron Gruvé, die aantreklikste seun in die skool, sy liefdesvisier op Emma gesit het, dat Emma sterk twyfel of dit so goeie idee is om te gaan. Maar gou word haar aandag afgelei deur die verskuilde boomhuis en die geheimsinnige wrak van ’n ou VW Kewer in die bos, en bevind Emma haarself heuphoogte in ’n nuwe avontuur.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Droomvrou
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 16
Deal Apteek benodig ’n voltydse boekhouer en Marlize is perfek vir die werk. Sy kan egter nie verstaan waarom Deon, die een apteker en mede-eienaar, konstant fout vind met wat sy doen nie, wanneer hy oor die algemeen vriendelik is met die ander personeel. Dis ook nie asof sy ogies maak vir hom nie, want Marlize weet beter as om met getroude mans te lol. Dinge bereik egter breekpunt wanneer Marlize se narsissistiese eks-verloofde, Paul (nou getroud en met ’n kind), by haar begin vlerksleep en almal by die apteek vir Marlize oordeel omdat sy toegee aan sy opdringerigheid. Sy besluit dat vlug en verdwyn is die enigste oplossing. Tog kan sy nie die mense van Deal Apteek heeltemal agterlaat nie, veral nie toe Deon se lewe ingrypend verander nie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Bloedfees van die Ape
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 21
Die dreuning van die vliegtuig word oorverdowend. Die masjiengeweer bars weer los. In daardie oomblik voordat die masjiengeweer weer dood en verderf gebraak het, sien die Luiperdman Percy se gesig, ’n verwronge gelaat met helder doodssweet op sy gesig. Hy sien die hand wat opwaarts gryp en ’n versmoorde kreet volg. Dan ruk Percy se liggaam soos warm lood hom deurboor. Die vliegtuig duik opwaarts en Percy bly lê, vormloos.
Casper C. Langford, ’n ryk Amerikaner, se seun het verdwyn naby die Berge van die Draak. Nou word die hulp van Die Swart Luiperd ingeroep om die soekgeselskap te lei. Maar is dinge soos dit lyk? Waarom beweer die Luiperdman se Pigmee-vriend dat daar is nie ’n verlore seun nie? Wie, of eerder wat is die Banjanie waarteen gewaarsku word?
Oorspronklik uitgegee in 1955.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Verkeerdeveer Liefde
Mary Sadler
Heideroos Romanse · No. 15
Met ’n graad in joernalistiek en geen kennis van spreitabelle kom Marilise na twee jaar in Londen terug op haar tuisdorp. Werk is skaars en hubare mans ook – tot die dag toe alles verander en sy al gou moet kies tussen die nuwe jong veearts en die man wat haar die loopbaan van haar drome aanbied. Maar watter een is vir haar? Liefde kan so bedrieglik wees soos die uiterlik van haar verkeerdeveerkanarie …
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Raaisel van die Raam
Anria Breed
Emma Roux · No. 1
Emma se talent vir potloodsketse maak dat sy toevallig op ’n raaisel in die ou Kombrink Manor afkom: waarom ’n gewone skildery in ’n peperduur raam sit? Dan verdwyn die skildery en raam uit die huis en is daar geen rekord dat dit ooit bestaan het nie … behalwe Emma se sketse.
Emma en haar vriendin, Hestine, besluit om die raaisel van die raam te ondersoek en uit te vind wie het dit gesteel.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
’n Meisie-Meisie
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 14
Roelien moet terug na die familieplaas terwyl haar ma se boedel afgehandel word. Terug na die plaas wat haar pa opgegee het vir ’n lewe in die stad. Dis ’n groot aanpassing en haar wildebras niggie kan maar net nie help om dinge onaangenaam te maak nie. Dis egter die aantreklike plaasvoorman en die jong prokureur uit die stad wat vir Roelien – en haar niggie – in twyfel laat oor familie en liefde … en beide moet die keuse maak tussen plaas en stad.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Antoni se Laaste Vlug
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 13
Vir jong Nikita voel dit soos die einde van haar wêreld toe Antoni in ’n vliegramp sterf. Sake vererger soos sy betrek word by die duistere gebeure wat aanleiding gegee het tot die ongeluk – soos die versteekte kluis in ’n pakkamer. Renier, ’n suksesvolle besigheidsman, ontferm hom oor haar situasie, maar voer ’n opdraande stryd om haar hart te wen. Te veel belange is op die spel en die ondersoekspan krap onder elke klippie.
Sake bereik breekpunt wanneer Antoni se ware lewe aan die lig kom en Nikita besef dat sy het nooit werklik haar broer geken nie. Met alles verlore, moet sy op Renier vertrou of is hy ook net besig om haar te gebruik?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Spookperd van Skimmelkrans
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 11
Die Poniehoewers kuier op Skimmelkrans, waar ’n kameraspan sukkel om ’n film te maak. Die regisseur se senuwees is aan flarde. Wat kortkom, besluit die maats, is aksie en spanning: ’n paar goeie vuisgevegte en ’n geheimsinnige spookperd in die nag sal die storie baie verbeter. Met die beste bedoelings en ’n slinkse plan verander hulle die draaiboek, maar alles verloop toe nie soos hulle gedink nie. Het die Poniehoewe-Klub hulle moses teëgekom?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Dans van die Dood
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 20
Die Swart Luiperd is terug in Afrika en raak sommer onmiddellik haaks met ’n safari wildjagters wat diere vang vir ’n sirkus.
Dis egter die teenwoordigheid van die wrede Monga’s as gidse en kruiers wat vinnig toon dat hierdie is eerder slinkse fortuinsoekers en slawe-handelaars. Hulle beraam ’n plan om vir Leon te dwing om hulle na die ivoorskatte duskant die Blouberge te neem.
Die staccato-lawaai van masjiengewere brand deur die oerwoud en die Luiperdman moet alles op die spel plaas om vir Sonet en klein Bennie te red van ’n wrede marteldood!
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Cliché-Moord
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 12
’n Spook in ’n koringland op ’n plaas tussen êrens en nêrens. Hoe cliché.
Heidi se wêreld tuimel inmekaar toe haar man hulle bankrot dobbel, en haar enigste heenkome is om saam met haar ma en ouma in ’n plaashuis te gaan woon. Omring deur koringlande en platsak, moet sy die dorp se mense trotseer om haar waardigheid weer op te bou en ’n nuwe lewe te begin.
Dis egter nie so maklik nie, met Ben (haar aantreklike buurman), Nicolaas (’n pierewaaier uit die stad) en Werner (die man van wie sy wil skei) wat aldrie meeding om haar aandag. En oom Daan wat elke aand in die koringland spit spit spit …
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
’n Porsie van My Lewe
Lidia Theron
Alana en haar man Herman se rustige aftrede in hul huis by die see neem amper ongemerk ’n wending waarop geen mens voorbereid kan wees nie: die eens liefdevolle en bedagsame eggenoot se toenemende vreemde en aggressiewe optrede word ná talle doktersbesoeke en terugslae as skisofrenie gediagnoseer.
Hierdie is die aangrypende verhaal van dié ongeneeslike geestestoestand se verloop, en hoe Alana moes sterk staan om haar man te ondersteun en nie in die greep van depressie te verval nie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Wraak is … Soet?
Gerrie Oosthuizen
Heideroos Romanse · No. 11
Kort na ’n heerlike somerromanse raak Breggie verloof aan die opwindende Werner Gouws. Eers tydens hul verlowingspartytjie kom sy agter wat die galante heer se ware bedoelings is – en ontmoet terselfdertyd vir die eerste keer sy ouer broer Marius, wat haar terstond daarvan beskuldig dat sy is ’n flerrie en ’n fortuinsoeker.
Breggie vlug, met die vaste besluit om wraak te neem. Sy kry haar kans, maar raak dan hopeloos verstrik in omstandighede wat haar hulpeloos laat gryp na ’n laaste strooitjie om haar waardigheid te red.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Skoenpolitoer vir die Liefde
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 10
Nicolette het ’n oordeelsfout gemaak.
Nou, nege maande later, verander haar eensame bestaan op verskeie vlakke wanneer sy saam met die geheimsinnige man in woonstel ‘16’ afry in die hysbak en in kraam gaan. Hy help haar om by die hospitaal te kom en, alhoewel hy na die tyd baie behulpsaam en ordentelik optree teenoor haar en haar klein babatjie, kan Nicolette nie anders as om te dink dat hy meer soek as net vriendskap nie. Geen man is so goed en verdraagsaam nie, veral nie teenoor ’n enkelma van ’n pasgebore baba nie! En wat is nogal die kastige ‘projek’ wat hy alewige as verskoning gebruik waarom hy nie gereeld kan kom kuier nie?
Nicolette se verstand sê dat hy haar net aan ’n lyntjie hou vir ingeval, maar haar hart skree LIEFDE!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Slaaisous vir die Liefde
Mary Sadler
Heideroos Romanse · No. 9
Al wat Froon Froneman wil doen is om die wêreld se armes en straatkatte te voed met oorskietkos uit sy restaurant. Vir meisies het hy nie tyd nie, totdat hy hom in Mart vasloop – klein, maer Mart wat lyk asof sy lanklaas ’n ordentlike bord kos ingekry het. Amper ongemerk begin die twee se stryd om mekaar se harte, waarin Froon gedwarsboom word deur sy familienaam en Mart deur ’n persoon uit haar verlede wat onverwags opdaag. Dan is daar nog die skatryk Vanessa wat Froon as haar verloofde opeis, ’n kletsende kerkkraai, ’n gesteelde trofee en die slaaisous wat vir Froon beroemd gaan maak …
Is liefde sterk genoeg om ongeskonde deur meer moeilikheid as waarop albei bedag is, te kom?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Moleste op Moordenaarsrant
Elizette Gouws
Debbie bevind haar skielik in ’n vorige eeu – het die pop, vergete in ’n ou murasie, iets daarmee te doen? Sy dink sy droom, maar dit word eerder ’n nagmerrie waar boewe toeslaan en moor en martel soos hulle lus het. Kan Debbie hulle keer en die toekoms verander? Om nou wakker te word is nie ’n opsie nie, want dan kom haar nuwe vriende Jon en Pierre vir seker aaklig aan hul einde en dit wil sy nie op haar gewete hê nie. Gelukkig het sy een voordeel: vir sekere mense is sy onsigbaar!
Liewer ’n Stalkneg
Mary Sadler
Heideroos Romanse · No. 8
Toe Ronèl se lieflingperd verkoop word sien sy net een pad oop vir haarself: sy moet saam met hom gaan om te keer dat hy mishandel word oor die een fout wat hy het. So beland sy op Norval Equestria, die spoglandgoed van haar droomheld, die kampioenruiter Lourens Norval en kom al die eerste dag voor raaisels te staan wat haar dronkslaan. Hoekom koop Norval ’n perd wat gebore is vir dressuur, terwyl hy mik na die Olimpiese skouspringtoernooie? Hoekom moet Blazoen ’n ander naam kry? Wat weet die opperkneg Jackson? Hoekom tree die ander stalknegte so vreemd op? Wat het gebeur in die versteekte hutjie in die bosse? En om alles te kroon: hoekom verander die onbeskofte Norval se houding teenoor haar ewe skielik? Iets is nie pluis nie.
Ronèl en haar nuwe vriendin Janet span saam om die geheime te ontrafel, wat lei tot ’n ontstellende klimaks in die skouspring-arena.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Katrien
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 7
Katrien staan op trou met ’n man wat haar alles sal gee. ’n Maand voor die bruilof verklaar hy egter dat hy wil nooit kinders hê nie. Ten einde hierdie toekomstige leemte in haar lewe te verwerk, gaan stap Katrien in die berge. Daar word sy beseer toe sy gly en val, maar word gehelp deur ’n eksentrieke bergman en sy hond.
Katrien moet nou besluit of sy vir altyd in ’n weelderige, maar kinderlose huwelik wil wees, en of sy alles moet laat vaar om uit te vind wie is die aantreklike bergman wat homself so afsonder van die wêreld.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Machinatie
Gerrie Oosthuizen
Heideroos Romanse · No. 6
Elize het haar man verloor in ’n verdagte bootongeluk. Die versekering betaal teësinnig uit en Ruan Vorster word aangestel om die saak verder te ondersoek.
Alles is duidelik nie pluis nie, want Elize tree op asof sy kranksinnig word. Ook weier sy om die versekeringsgeld te aanvaar. In ’n poging om agter die kap van die byl te kom nooi Ruan haar om saam met sy suster en dié se verloofde ’n langnaweek op sy wildplaas deur te bring. En dis dan wanneer Ruan ontdek dat Elize se eienaardige gedrag te make het met ’n persoon wat direk betrokke was by die ongeluk: ’n handlanger, of dalk haar oorlede man se spook?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Nooientjie van My Drome
M. Strydom
Heideroos Romanse · No. 5
Agtienjarige Tita Verster is die probleemkind van Kroondorp. Marius de Wet, die jong plaaslike dokter, vermoed dis omdat sy deur haar ma verwaarloos is, en ontferm hom oor haar as interessante ‘geval’. ’n Ramp van ’n partytjie laat Tita egter so ver in haar dop terugkruip dat Marius alle moed verloor.
Totdat iemand uit sy eie verlede opdaag wat Tita se toekoms ook wil verander …
Oorspronklik uitgegee in 1959.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
My Lewe in ’n Tas
Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 4
Na jare van weghardloop besef Miena dat sy moet terugkeer na die huis waar sy grootgeword het, om haar verlede te konfronteer.
Daar ontmoet sy Dawid, wat nie haar verlede ken nie. Hy stel ook nie daarin belang nie, maar Miena is bang dat sy hom sal verloor as hy weet wat daardie aand, agt jaar gelede, gebeur het.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
“x no”
Mary Sadler
Heideroos Romanse · No. 3
Al wat in die pad van Olga se vurige liefde vir die skool se sportheld Michael staan, is sy meisie, die pragtige Kayla. Hoe kan sy by haar verbykom? Kayla, wat vir haar aaklike sms’e stuur en hul klasmaats teen haar opsteek. Olga moet iets doen toe “x no” nie meer genoeg is nie. Gaan Plan D slaag waar Planne A, B en C misluk het? Maar vir Plan D moet sy ouboet Nico se hulp inroep, wat nie baie lus is daarvoor nie – en intussen is daar Michael se beste vriend, die bleeksiel Hennie, wat op haar verlief is, ’n meisierugbyspan, ’n nasionale wiskundekompetisie en ’n paar porsies poeding om sake nog moeiliker te maak.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Nege Siele van Joshua Duran
Adriaan Breed
Joshua Duran is die Orde van Kwaad se beste sluipmoordenaar. Sy nuutste teiken is Zeetha Ponce, dogter van die hoof van die Orde van Goed.
Alles verloop volgens plan, totdat hy in haar oë kyk. Hy kan nie sy opdrag deurvoer nie en dit veroorsaak ’n skokkende gebeurtenis: ’n vals siel verlaat sy liggaam en vertel aan hom dat hy nie werklik is wie hy gedink het hy is nie.
Gaan Joshua Duran sy verlede konfronteer en sy toekoms opeis … of gaan hy aanhou moor in die naam van die Orde van Kwaad?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Hemelsblou & Seegroen
Mary Sadler
Heideroos Romanse · No. 2
Tanya is daarvan oortuig dat haar ouers gaan skei en dat dit haar skuld is. Hoe kan sy dit keer? Haar pa sê hierdie vakansie by die see is hul laaste, die tyd raak min! Daarby dring haar beste vriendin aan op ’n vakansie-romanse – as sy net geweet het hoe. Haar planne loop een vir een skeef en daarby kom krap die aantreklike Rick ook nog die pot deurmekaar met ’n agenda van sy eie. Tanya vind uit wat liefde is, en ’n hele paar ander goed op die koop toe.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Bekende Vreemdeling
Braam le Roux
Temmers van die Woestyn · No. 1
Lou Badendorff en sy makkers is die groot diamant- en beessmokkelaars in die distrik. Niks en niemand staan lank in hul pad nie.
Dan arriveer daar ’n vreemdeling op die dorp, ’n man wat lyk nes Hannes Naudé wat onlangs vermoor is.
Oorspronklik uitgegee in 1953.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Terugreis na Môre
Gerrie Oosthuizen
Heideroos Romanse · No. 1
Suné is vyftig jaar oud en eensaam, totdat sy op aandrang van haar kinders op ’n safari-tog na Zambië gaan. Sy maak kennis met haar agt mede-toergangers, en word veral beïndruk deur die aantreklike Bart Jacobs, ’n wewenaar-sakeman met sielewroeging. Alle geheime drome wat sy ondanks haar teenstand begin koester vervaag egter wanneer hul vliegtuig in die wildernis neerstort en die nege reisigers in ’n stryd om oorlewing betrokke raak. Tog bly die vlammetjie van liefde in Suné brand …
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Waar die Dooies Leef
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 18
Onwillekeurig spring die Luiperdman ’n tree terug. Met ’n afskrikwekkende geblaas styg die reptiel hoër en hoër uit die water uit. Sy lyf is vaal-groen en slymerig. Die groot kop lyk soos dié van ’n trapsuutjie, maar Leon sien dat die ondier verskriklike geel slagtande het. Dit blaas weer, en die geluid vul die ruimtes om hulle. Die ding seil teen die wal op. Die Luiperdman sien dat dit kort voorpootjies het en langer agterpote. Dit kruip moeisaam-stadig teen die steilte op terwyl die modder en slyk van die onding afdrup. Daar is ’n skerp, lang vin wat van die dier se kop strek tot waar sy stert sy lyf verlaat. Terwyl die gedierte stadig aangekruip kom, skiet daardie vin omhoog en word telkens weer ingetrek. ’n Lang, groen tong blits aanhoudend uit en in, en die geblaas word ’n ysingwekkende gebrul.
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Lokvink
Johan L. Smith
Gesloopte Lugkastele · No. 2
Ondanks ’n ernstige breinbesering verlang Johan terug na sy beroep as prokureur en toe die kans kom, gryp hy dit met beide hande aan. Maar is alles soos dit voorkom? Al gou ontdek hy dat daar gevaarlike onderstrominge in die hofgebou is wat selfs sy eie lewe in gevaar stel. En wie is uiteindelik die lokvink, Johan, of die jong prokureur wat haar geheime met hom deel?
Die Lokvink is ’n vervolg op Johan L. Smith se vorige treffer, Gesloopte Lugkastele, en vertel verder van sy stryd om ’n normale lewe te voer ná ’n amper noodlottige motorongeluk.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Kriptonietoomblikke … en ander kortverhale
Moryn Hanzen
’n Keur uit die verhale van Moryn Hanzen, bekende skryfster van tydskrifartikels, kortverhale en kinderstories. Haar eerste liefdesroman Pad na Geluk is onlangs gepubliseer.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Fantastiese, Rowwe, Dodelike, Uhm … Rykamp!
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 10
Dis langnaweek en Ruan, Tessa, Anneke en Dommie woon ’n rykamp by vir gevorderde ruiters waar hulle gaan leer van spring en dressuur. Sommer op dag een al begin die avonture, met ’n nuwe vriendin wat bang is vir perde en glad nie kan ry nie. Nou moet daar planne gemaak word sodat niemand dit agterkom nie. Die gevolg is ’n deurmekaar rondomtalie van ponies, ruiters en beenbeskermers, maar flous hulle regtig die instruktrise?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
The Gods of Mars
Edgar Rice Burroughs
Barsoom · No. 2
Ten years after his adventures on Mars, as told in A Princess of Mars, John Carter returns to the red planet and finds himself a prisoner in the Valley Dor, from which no mortal has ever returned.
Swords and sorcery, friendship and betrayal and the Black Pirates of Barsoom are just some of the obstacles he must face and overcome to be reunited with his beloved Dejah Thoris.
Only the evil Goddess of Life Eternal, Issus, will have her revenge at all cost.
Originally published in 1918.
E-BOOK (DRM-FREE)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Rodeo Rollie!
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 9
Terwyl die ander vier lede van die Poniehoewe-Klub by ’n perdrykamp is, beland Roy met Rollie en Tjello en ’n Amerikaner in die geheimsinnige rante op sy oom se plaas. Dinge loop lelik skeef as Roy agterkom dat Mister Hank nie is wat hy sê hy is nie, en hy moet ’n plan beraam om te ontsnap. Maar hoe? Rollie is opstandig sonder sy poniemaats en Tjello word beheer deur die man met die rooi bal. Roy is op sy eie …
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Wind oor Haar Graf
Braam le Roux
Temmers van die Woestyn · No. 8
Die beesboere van die Kuruman-distrik is besig om ’n pad te bou na die noorde, om hul beeste aan die Duitsers te kan verkoop. Die pad gaan deur Rooi Els se gebied loop en hy is sterk daarteen gekant.
Sake bereik breekpunt wanneer enkele boere Rooie se beeste steel, met die gevolg dat dié en sy manne oorlog verklaar en die dorpie van Ga-Mopedi beset.
Magda Fourie plaas alles op die spel om vrede te bewerkstellig tussen Rooi Els en die distrik se beesboere.
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Gees uit die Vuur
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 17
Die geraamte lag luidkeels en onaards. Ignatius sien hoedat die Jivaro met die gesmelte goud nader kom na hom toe, met ’n afgryslike uitdrukking op sy gesig. Ignatius wil skree, maar hy bedwing homself. Dit voel asof yskoue water oor sy hart loop en asof sy keel skielik droog is en brand. Ignatius ruk aan die toue. Die dromme klop uittartend in sy ore. Dit is asof hy ’n fees in die hel bywoon. Die Jivaro met die gesmelte goud skiet nader, buk, en dan steek ’n verskriklike pyn in sy murg op, en hy hoor homself gil.
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Ek is Johan!
Johan L. Smith
Hier is die ware verhaal agter die wegholtreffer, Gesloopte Lugkastele. Dit is die belewenis van ’n negentienjarige dienspligtige wat sodanig in ’n motorongeluk beseer is dat hy tien weke lank in ’n koma was en uiteindelik wakker geword het as ’n mens sonder verlede, sonder emosies, wat skaars kon loop en slegs onverstaanbare geluide kon maak. Hier beskryf hy self die lang pad wat hy afgelê het totdat hy met selfvertroue kon sê: Ek is Johan!
Garingbome en Turksvye
Hannie Steyn
Steynsburg in die Oos-Kaap is die tipiese klein dorpie. Daar is die belangrikes en die dorpskarakters, die tragedies en die groot gebeurtenisse, en vooruitgang wat almal laat wonder of dit nie dalk eerder agteruitgang is nie, wat mens net op die platteland aantref.
In hierdie bundel laat Hannie Steyn dit alles herleef, nes sy dit beleef het gedurende al die jare op Steynsburg.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Duiwel is ’n Vrou
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 16
Die Luiperdman stap vinnig nader na die kreunende Groot Aap toe. Hy buk oor hom en betas sy kop. Die Groot Aap lê nou stil, maar sy bene skop styf en die verskriklike pyn laat sy hele liggaam bewe. Die Swart Luiperd was net op die punt om die kop en die eienaardige ‘pantservel’ van die Groot Aap nader te beskou, toe ’n Amarari-wag skielik uitroep.
‘Die Oekapi’s val aan! Die Oekapi’s val aan!’ weergalm dit in die vroeë oggendlug.
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Ridders van die Vyfde Dimensie
Anton Döckel
Toe Tom en sy mense in die spookhuis kom bly, word Arno al gou meegevoer op ’n dolle avontuur met trolle, struisfante, reuse spinnekoppe en basiliske. O ja, en ’n beeldskone prinses.
’n Reis na die Vyfde Dimensie? Om wat te gaan maak?
‘Jy sal nog sien,’ is al antwoord wat hy kry.
Donkieman
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 8
Wie is die geheimsinnige Donkieman wat hom op die meent tuisgemaak het? Toe die juwelierswinkel beroof word dui alles daarop dat hy die dief is, maar is hy?
Die Poniehoewers glo hy is onskuldig, maar nou moet hulle dit bewys met net ’n onhandige kulkunstenaar en die dorp se donkies om hulle te help.
Hiehô-hiehô!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Gesloopte Lugkastele
Johan L. Smith
Gesloopte Lugkastele · No. 1
’n Amper noodlottige ongeluk beseer sy brein so dat hy in ’n diepe koma verval. Tien weke later word hy soos ’n pasgebore baba wakker in ’n onbekende wêreld, sy verlede verlore en sy toekoms aan skerwe. Die mense om hom is vreemdelinge, ongemaklik oor hierdie nuwe persoon wat eens hul geliefde was en nou met dooie oë na hul staar. Selfs God, sy God wat hom nooit verlaat het, ken hy nie meer nie.
Alleen moet hy opstaan en sy pad vind uit die duister, terug na die lig.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Pad van die Arend
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 15
Die Swart Luiperd en familie is in Suid-Amerika om die antropoloog Ignatius Malan te help met sy navorsing. Alles verloop vreedsaam, totdat die kondors opdaag om die dorpie se kinders weg te dra na die Groen Hel toe. Daar kom die Swart Luiperd te staan teen die mitiese jaguarmanne en moet ook die gevaarlike anakonda van die riviere trotseer.
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Vyf Ponies Gaan Plaas Toe!
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 7
Die vyf maats en hul ponies gaan vir ’n hele week op ’n plaas kuier en kom sommer die eerste aand al agter dat alles nie pluis is nie. Amper ’n eeu gelede is hier ’n moord gepleeg en al lê die oplossing moontlik in ’n kloof vol wilde diere, besluit die Poniehoewers hulle gaan uitvind wat gebeur het.
Die toekoms van die plaas en sy mense hang daarvan af!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
The Pirate Submarine
Percy F. Westerman
At noon the Alerte’s crew were roused. Preparations were immediately started to disguise the ship. The funnel was given a different coloured coat of paint; the masts, previously light brown with black above the hounds, were painted a uniform shade of dark grey. The bridge and funnel were bodily shifted twenty feet aft, and the position of the ventilating cowls altered. Finally, on both bows and astern the name Alerte was covered by strips of painted cloth bearing the name Cimeterre, and the French tricolour hoisted aft.
Originally published in 1923.
E-BOOK (DRM-FREE)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Man Sonder Kop
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 14
Die Swart Luiperd is vyftig treë van die toneel van afskuwelikheid af. Hy skree so hard as wat hy kan; die Rama swaai om op die rug van sy perd. Dadelik sien hy die aanstormende Swart Luiperd. Hy ruk aan die teuels van sy perd en mompel iets. Die wit perd swaai om; dadelik sien die dier vir Leon. Die oë van die perd het skielik verander. Sonder dat die Rama op haar rug haar spore gee, pyl sy op Leon af. Haar oë is rooi en nou is die dier met haar rooi oë en spierwit vel ’n ware hel-perd. Die sandkorrels spat soos sy storm. Daar is ’n snaakse gesnork wat afskrikwekkend klink. Dit lyk asof die reuk van bloed en die aanskouing daarvan haar mal gemaak het.
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Dood Kom Stil
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 13
Selfs vir die Swart Luiperd is die toneeltjie hier onder hom afskrikwekkend. Soos die Monga wat hy so flussies teëgekom het, is die gesigte van die spiesdansers ook getatoeëer. En in die flikkerlig van die vlamme is die kop van ’n wolf duidelik herkenbaar. Leon besef dat hierdie afskrikwekkende wolfbakkies wat op die Monga-gesigte getatoeëer is, ontsettend vreesaanjaend vir die Pigmeë moet wees. Alleen net by die aanskouing van hierdie wolf-figure, kan die Pigmeë se moed hulle begewe, kan hul moraal lamgelê word.
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
A Princess of Mars
Edgar Rice Burroughs
Barsoom · No. 1
A tale of adventure and romance forty-three million miles from Earth.
John Carter goes to sleep in a mysterious cave in the Arizona desert and wakes to find himself on the planet Mars. He meets with a succession of weird and astonishing adventures, told in that fascination and realistic way that belongs to Burroughs alone.
Think for a moment of this young man battling for a very beautiful woman, with creatures fifteen feet high, and of fearsome aspect with two extra limbs, which will function either as legs or arms, mounted on horses like dragons, and attended by watch-dogs like enormous frogs with ten legs, and you can get some idea of the thrills in the yarn.
Only the man who created Tarzan, the ape-man, could write so bold a story.
Originally published in 1917.
E-BOOK (DRM-FREE)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Dressuur vir Dommie
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 6
Philippe van die Equestrian Centre wil nie agterbly na die Poniehoewe-Klub se suksesvolle heg-en-stegkompetisie nie en besluit om daarop te verbeter deur ’n driekamp te hou. Vir die Poniehoewers is dit ernstige sake, veral aangesien hulle niks weet van dressuur nie.
Oefen is maklik, maar die kompetisie raak egter gou ’n harde stryd tussen Dapper, Boontjies en die gesoute Beursie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Mandjies word Boontjies
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 5
Die Poniehoewe-Klub hou ’n veldwedloop oor skrikwekkende hindernisse; Shanu spog net een keer te veel — en Mandjies word Boontjies.
Die groot krisis is egter Star wat in die donker van die nag weggeloop het!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Nagloper
Jan G. Altena
Dawid tuur met skrefiesoë oor die sand wat ongenaakbaar tot by die horison strek. Na ’n ruk vra hy, ‘Is jy bang om dood te gaan?’
Jonatan probeer ongeërgd lyk, gaan aan met sy vingers in die sand boor. Dan kyk hy op en antwoord, ‘Ja. Jy?’
Agtergelaat in die Kalahari kom twee vriende tot die besef dat hulle moontlik nie lewendig daar sal uitkom nie. Dis ’n te ongelyke stryd, sonder kos of water en met slegs ’n vergange, onverstaanbare kultuur om op terug te val. Tog baklei hulle om staande te bly teen die meedoënlose natuur en ook die wreedheid van die mense wat hulself daar tuisgemaak het.
Dit word ’n tyd vir waardes bepaal en verantwoordelikheid neem.
’n Tyd vir oorleef ten alle koste.
’n Tyd vir grootword.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Skedels in die Sand
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 12
Sonet is ontvoer!
In die Drakensberge kom die Swart Luiperd af op ’n bende opium-smokkelaars en die enigste manier om vir Sonet te bevry is om die hele bende uit te roei. Maklik gaan die nie, want die smokkelaars het hulp vanaf ’n onverwagse bondgenoot.
Oorspronklik uitgegee in 1953.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Vreemde Ruiter
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 4
Trevor se winkbroue lig spottend. ‘Of anders?’
Ruan probeer dink wat ‘tot by oom Daantjie in die kalwerhok’, en ‘jou ma vir ’n eendvoël aansien’ in Engels is, maar vind nie die regte woorde nie en volstaan tenslotte met, ‘Anders kry jy met my te doen. Onthou net, óns meisies en óns ponies. Kom, Tjello!’
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Uile
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 20
Op die ingewing van die oomblik vra Henning, ‘Het Tante al gehoor van die Uile?’
Sy kyk hom verbaas aan.
‘Die uile? Wat is dit met hulle?’ Verskrik voeg sy by, ‘Daar is nie dalk weer hoenderpes onder hulle nie, is daar?’
‘Nee, nie sover ek weet nie,’ sê Henning en sy antwoord, tog nie gerus nie, ‘Wel, ek hoop dit is nie so nie, want as die wildevoëls dit aanbring vrek al my hoenders ook.’
Die pes waarvan ek praat is tien keer erger, dink Henning, maar hou wyslik sy mond. As tant Mynie moet hoor hoekom hy hier is, sal die hele dorp se ore weldra tuit.
So begin Henning se stryd met die Uile, ’n gedugte internasionale swendelaarsbroederskap wat wil kom nesskop in die Karoo. Die leier staan vir niks terug om sy eie sak te vul nie en maak ’n plan om op wreedaardige wyse van Henning ontslae te raak.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Kloue van die Valk
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 11
’n Bende ruiters is besig om al die perdeboere van die distrik te besteel. Sake raak moeilik wanneer die leier van hierdie rowers, slegs bekend as ‘Die Valk’, met geweld, ontvoering en verwoesting vir Leon probeer teenwerk.
Oorspronklik uitgegee in 1953.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Rosette vir Dapper
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 3
SKOUSPRING!
Die Poniehoewers maak gereed vir hul eerste skouspringkompetisie. Die ponies moet fiks gemaak word vir spring en daar moet geleer word van al die verskillende soorte hindernisse. Dis harde werk, maar ook groot pret … totdat die dag van die kompetisie aanbreek!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Chess Quiz!
Fred Reinfeld
The 300 practical situations that Fred Reinfeld has taken from actual tournament play and included in this book contain scores of traps, sacrifices, mates, winning combinations, and subtle exchanges that will sharpen your chess eye and test your skill against the masters.
Originally published in 1945.
Die Eerste Gimkana
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 2
Daar gaan ’n gimkana gehou word by die Equestrian Centre en die vyf maats van die Poniehoewe-Klub besluit om deel te neem. Dis egter nie so maklik nie, want hulle het geen benul wat gedoen gaan word nie. Gelukkig is Mildred daar om hulle touwys te maak met rylesse, rylesse en nog rylesse.
Op die dag van die gimkana sien hulle die ander spanne vir die eerste keer: plaaskinders wat op ’n perd se rug gebore is en Philippe’s Pride, die beste ruiters van die Centre.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Poniehoewe-Klub
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub · No. 1
Vyf maats se kommervrye ponie-dae is verby want die ryklub se grond is aan ontwikkelaars verkoop. Met minder as drie weke oor voordat die stootskrapers inrol om alles plat te vee, waarheen nou? Of gaan die getroue ponies verkoop word soos hul ouers dreig?
Tog is daar een skrale moontlikheid.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Rooi Maskers
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 10
Die Swart Luiperd en maats is opsoek na avontuur in die Kaokoveld van Suidwes-Afrika, want daar is die wêreld nog oop en vry. Gou blyk dit egter dat hierdie gebied ook die skuilplek van die wrede bende van die Rooi Masker te wees, wat meer in die skild voer as net diamante smokkel en speurders vermoor.
Oorspronklik uitgegee in 1953.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Mense van die Meer
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 9
Die Swart Luiperd en sy afdeling Pigmeë reis dieper in die gebied van die gevreesde Mongas in om die ander lede van die mislukte antropologiese ekspedisie te red.
Die bloedspoor lei na ’n geheimsinnige fort omring deur ’n meer wat bewoon word deur eienaardige vismense.
(Hierdie boek volg op Pyle van Vuur.)
Oorspronklik uitgegee in 1951.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Moordenaar in Wit
Braam le Roux
Temmers van die Woestyn · No. 7
Danie, Henning en verskeie verarmde families is oppad na die plaas wat deur Danie se oorlede vader aan hulle nagelaat is. Dit is egter gou duidelik dat die groot beesboere glad nie hierdie nuwelinge in hul kontrei wil hê nie: eers word die brug opgeblaas minute voor die trekkers daarop oorry, en dan word Danie beskuldig van beesstelery.
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Groot Bankroof
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 18
Die kleine dorpie van Vlugheuwel vier eeufees, maar wanneer die bank beroof word is elke vreemdeling die ideale verdagte. En dit sluit Lang Henning en Boet ook in!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Chrissie se Ramlam
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 19
In die jaar 1877 is die Groot Karoo die ene skaapdiewe, maar hoekom raak juis net Chrissie se Ramlam weg?
Chrissie glo daar steek meer agter as net ’n boef se lus vir ’n paar tjoppies en sy begin soek. Gelukkig loop sy vir Lang Henning en Boet raak, wat haar help om die raaisel op te los — en te besef dat Fanus tog nie werklik so ’n aaklige seunskind is nie
(Hierdie korter titel is spesiaal vir jonger lesers geskryf, alhoewel almal dit ewe veel sal geniet.)
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Skeur van die Dood
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 19
Rooi Jan ontdek ’n noodbrief in ’n rivier vanaf ’n ou vriend. Die soektog lei na die Skeur van die Dood, wat bewaak word deur gevaarlike, blaflose honde. Met die hulp van verskeie jongmans moet hy die mag van die “Temmer van die Luislange” breek.
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Krisis op Skerpioendraai
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 17
Lang Henning en Boet vind Skerpioendraai beset deur ’n hele familie boewe wat die plaasmense gevange hou. Henning val in by hulle terwyl Boet gaan hulp soek en dan loop alles verkeerd. Met vier groepe in die veld wat mekaar se bloed soek, raak die twee vriende self verstrengel in die krisis en Henning moet planne maak vir al wat hy werd is.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Nag van Onheil
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 18
Rooi Jan en Jeanette bevind hulself in die laer van ’n trek oppad na die noorde, wanneer hulle versoeke ontvang vanaf verskillende persone. Moet hulle saam met Jan Willemse noord trek, óf moet hulle vir tant Siena gaan help, óf moet hulle gaan uitvind waarom Kwambhulo in gevaar verkeer?
(Hierdie boek volg op Die Skedeldraers.)
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Pyle van Vuur
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 8
Terug van sy avonture op die Eiland van die Blou Duiwels, verneem Leon (alias die Swart Luiperd) dat Sonet saam met vriende op ’n antropologiese ekspedisie is opsoek na ’n stam woestynbewoners. In Midde-Afrika word die ekspedisie deur die gevreesde Mongas aangeval en verkry Leon hulp van ’n groepie Pigmeë om die nuwe slawe te bevry.
Oorspronklik uitgegee in 1951.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Vlamme teen die Horison
Braam le Roux
Temmers van die Woestyn · No. 6
Na ’n onderonsie met sy tweelingbroer, besluit Alfred om weg te trek van die familieplaas af. Dinge loop egter lelik skeef deurdat die voorman hierdie geleentheid gebruik om vir Alfred as die skuldige in ’n bloedige beesstelery te laat lyk!
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Ek Kom Vannag!
Braam le Roux
Temmers van die Woestyn · No. 3
Ren Cillié ontsnap uit die eilandtronk om wraak te neem op die drie mense wat sy verloofde vermoor en hom daarvan beskuldig het.
Oorspronklik uitgegee in 1953.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Gif vir die Hart
Braam le Roux
Temmers van die Woestyn · No. 5
Alfred en sy pa grou al jare lank na goud in die woestyn, maar na die aanval van ’n ou vyand word dit aan Alfred geopenbaar dat hy nie werklik is wie hy dink hy is nie. Met die kaart wat die geheime myn aandui, agt sakkies goudstof, etlike duisend pond in die bank en ’n wrede boewe-bende op sy hakke, gaan soek Alfred na sy tweelingbroer, wat uitdraai ook agter sy bloed aan is — maar om ’n veel ander rede!
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Skedeldraers
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 17
Op soek na Louis Trichardt se trek, kom Rooi Jan en Jeanette af op Portugese myners, Arabiese slawe-handelaars en drie heilige dromme.
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Eiland van die Blou Duiwels
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 7
Leon, oftewel die Swart Luiperd, word deur ’n ruwe fortuinsoeker gevra om saam te gaan na die Eiland van die Blou Duiwels.
Oorspronklik uitgegee in 1951.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Frackers
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 16
Lang Henning moet keer dat die Karoo vernietig word — maar kan hy? Hy kom te staan teen sterker magte as ooit in ’n wêreld wat vir hom vreemd is.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Swart Arend
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 16
Baluba is nog nie klaar met Grensland nie en hierdie rondte maak hy gebruik van ’n dodelike gifstof om die grensboere en trekkers uit te roei. Vir al sy krag is Rooi Jan magteloos teen so ’n gevaar, maar hy en Jeanette moet maar net probeer om die geslepe toordokter te keer voordat almal in Grensland sterf.
(Hierdie boek volg op Jagters van die Wit Hart.)
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Galg in die Oerwoud
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 6
Onderwyl Leon (ook bekend as die Swart Luiperd), Donker, Spikkels en Simson in die noorde van Suidwes-Afrika kuier, gewaar hulle die gevreesde massa-moordenaar, Brutus. Die agtervolging lei na ’n verlore vallei, regeer deur ’n beeldskone, maar wrede koningin.
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Gifdraers
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 14
Dit blyk dat Cherkaff nog nie klaar is met Grensland nie, maar hierdie keer het hy ’n ander, meer drastiese set om die grensboere uit sy smokkelplanne te hou. Sal Rooi Jan daarin kan slaag om aan die skurk en sy trawante vir altyd ’n einde te maak?
(Hierdie boek volg op Slaags met ’n Gruwelbende.)
Oorspronklik uitgegee in 1948.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Jagters van die Wit Hart
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 15
Rooi Jan en Jeanette — ja, goed, Leeu, Blits en Storm ook — is warm op die spoor van ’n maniak wat die harte van grensboere uitsny vir sy persoonlike plesier!
Oorspronklik uitgegee in 1948.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Wyn met Bloed
Braam le Roux
Temmers van die Woestyn · No. 4
Hy is gevonnis tot lewenslange tronkstraf op ’n eiland in die stroomgebied van die Oranje-rivier vir ’n daad wat hy nie begaan het nie, weens ’n grusame moord op ’n jong, beeldskone meisie! Sy was die sewentienjarige dogter van ’n man wat vir hom, Ren Cillié, met ’n brandende haat gehaat het. Haar naam was Leonora — Leonora Maree, en haar vader was Paul Maree wat in Kuruman, aan die rand van die Kalahari-woestyn, bekend was as die grootste en slinkste veedief wat hierdie geweste ooit opgelewer het.
(Hierdie boek volg op Ek Kom Vannag!)
Oorspronklik uitgegee in 1954.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Kruipende Dood
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 5
Onderwyl Leon (ook bekend as die Swart Luiperd), Donker, Spikkels en Simson lekker besig is om te rus vir die aand tydens hul reis deur Oos-Afrika, word hulle aangeval deur sluipers. Hierdie insident lei gou tot ’n stryd om lewe of dood op die Eiland van Geraamtes, alvorens die geheim van die Kruipende Dood en die onheilige monnike daaragter ontmasker kan word.
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Kamerade van die Draak
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 4
Leon, oftewel die Swart Luiperd, word deur die vuurtoring-opsigter gevra om sy klein dorpie te kom help teen die Draakruiters. Dis egter nie so maklik nie, en daar skuil meer agter as net ’n klomp skurke wat roof en plunder.
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Bloedboodskap
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 3
Die gevreesde kannibale van Tsawo is op soek na die fortuinsoekers wat hulle koning vermoor en skatte gesteel het, maar word onwetende gehelp deur juis daardie fortuinsoekers. Met wraak en rykdom as dryfkrag beplan hulle ’n aanval op die klein dorpie waar Leon, oftewel die Swart Luiperd, en familie woon.
(Hierdie boek volg op Die Mensvreters van Tsawo.)
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Mensvreters van Tsawo
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 2
Terwyl Leon, oftewel die Swart Luiperd, by sy oom in Oos-Afrika kuier, verneem hy van die kluisenaar wat weet waar die geheime stad van Tsawo is. Ongelukkig is ’n klomp gewetenlose fortuinsoekers ook agter die skatte aan en ontlok so die gevreesde reuse bewakers van Tsawo – en hulle honger vir slagoffers.
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Fun on the Veld
Leonard Flemming
In this, the second volume in the series, Leonard Flemming provides a very unique account of his experiences (as an English-speaking immigrant, or settler) on farming and life in the Orange Free State during the first quarter of the previous century. Includes much indispensable information for the young farmer.
Originally published in 1920.
E-BOOK (DRM-FREE)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning die Voortvlugtige
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 15
Die plan is eenvoudig: vinnig oor die grens om Von Schnauzer te vang en terug te bring in die Kolonie. Maar dan verdwyn Boet en in Bloemfontein word ’n galg gebou vir Lang Henning wat moet teregstaan vir perdediefstal en verskeie wrede moorde.
(Hierdie boek volg op Lang Henning en die Diamantsmokkelaars.)
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Vloek van Grootrivier
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 9
Grootseur Amos Haacker voer sy skrikbewind langs die Grootrivier te ver deur vir Jeannette te ontvoer.
Oorspronklik uitgegee in 1948.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Dag van Afrekening
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 10
Rooie maak ’n geweldadige einde aan grootseur Amos Haacker se skrikbewind langs die Grootrivier.
(Hierdie boek volg op Die Vloek van Grootrivier.)
Oorspronklik uitgegee in 1948.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Gemaskerde Moordenaars
Braam le Roux
Die Swart Luiperd · No. 1
Die begin van die avonture. Leon en geselskap word aangeval en beroof deur Sulg se bende. Met sy vader dood en Lettie ontvoer, neem hy die gestalte van die Swart Luiperd aan om wraak te neem.
Die boek verklaar waarom Leon nou juis die Swart Luiperd geword het.
Oorspronklik uitgegee in 1949.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Deur Vloedwaters en Vlamme
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 8
Na die ondergang van sy rowersbende, sweer Mike Gollantz wraak teen die Britse magte en die grensboere. Met die hulp van ’n oud-seerower en dié se matrose beplan hy die finale ondergang van almal — veral Rooi Jan en Jeanette s’n.
(Hierdie boek volg op Die Rowers.)
Oorspronklik uitgegee in 1947.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Diamantsmokkelaars
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 14
Boet word in Kimberley gevang vir diamantsmokkel en in die tronk gestop. Sal Lang Henning die regte smokkelaarsbende kan vastrek en dus Boet se onskuld bewys?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Ivoorjagter
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 4
Rooi Jan en ’n groep grensboere volg die kaart wat vader Castellio nagelaat het na die ivoorskat diep in die wildernis tot amper by Natal. Maar die bewakers van die ivoor gaan dit nie so maklik opgee nie!
(Hierdie boek volg op Die Noodroep uit die Oerwoud.)
Oorspronklik uitgegee in 1946.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Rooilem-moordenaars
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 5
Krygers met rooilem-assegaaie moor links en regs. Kan Rooie die gevaar betyds stop voordat hulle die hele Grensland se bevolking uitgeroei?
Oorspronklik uitgegee in 1947.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Rowers
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 7
Iemand steel ivoor uit die forte en Rooie word gevra om die skuldiges vas te trek. Ongelukkig vir die boewe ontvoer hulle vir Jeanette, en dit maak die saak dus nou persoonlik.
Oorspronklik uitgegee in 1947.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Skrik van Grensland
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 1
Die begin van die avonture. Rooi Jan, Leeu en Blits is saam die mees gevreesde gevaar in Grensland, waar hulle die hordes anderkant die Visrivier op hul plek hou.
Hiee-e-e-haa-a-a-hoee-e-e-e!
Oorspronklik uitgegee in 1946.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Wreker
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 2
Dis 1819 en die Vyfde Grensoorlog breek met alle geweld uit. Terwyl Makana met sy duisende krygers Grahamstad aanval, is Rooi Jan diep in hul agterhoedes besig om ’n persoonlike wraak uit te deel.
(Hierdie boek volg op Die Skrik van Grensland.)
Oorspronklik uitgegee in 1946.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Noodroep uit die Oerwoud
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 3
Rooi Jan ontvang ’n brief vanaf die ou sendeling wat hom as kind gered en grootgemaak het, dat dié in die moeilikheid is. Natuurlik haas Rooie hom so vinnig moontlik diep in Grensland in om die oubaas te help.
Oorspronklik uitgegee in 1946.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Sirkus
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 13
Daar is vervalste geld in omloop in die Karoo en Lang Henning word deur ’n neef gevra om ondersoek in te stel. Toevallig is ’n sirkus ook op toer deur die streek, met ’n geheim en intrige van sy eie.
Lang Henning en Boet sluit aan by die sirkus om antwoorde te vind, maar dan raak die olifant weg en ontsnap die leeus!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
South Africa in Review
Ian D. Colvin
A fascinating look at the early history of South Africa and the men who shaped her destiny. The story begins with the war between the Cross and the Crescent, which led to the voyages of discovery by the Portuguese and the discovery of South Africa; but then come the Dutch to claim the prize; only to lose it to the British. The book ends with the independence of the Boer republics after the Battle of Amajuba and the consequences thereof for the peoples of South Africa.
Originally published in 1909.
E-BOOK (DRM-FREE)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Heilige Grot
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 6
Twee jagters is besig om die olifante van Rooi Jan se woud uit te moor en in die stop hiervan ontdek Rooie dat sy ou vyand Mopanja steeds leef. Dié beraam ’n slinkse plan om vir Rooi Jan in die Heilige Grot te vermoor en sodoende sy mag oor die volk te versterk, asook die jagters se bebloede ivoor te steel. Met verraad wat hoogty vier, word Jeanette ook nog betrek by die sluwe planne.
(Hierdie boek volg op Die Rooilem-moordenaars.)
Oorspronklik uitgegee in 1947.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
In die Leeukuil
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 12
Die mag van die swart kommando is gebreek, of so reken Rooi Jan. Dis egter die verdwyning van nog ’n meisie, ontvoer deur die einste skerpskutters met koperkoeëls wat vir Rooie weer op die spoor van die Heilige Dromme en Paul Verdoz, die skurk daaragter, sit. Dinge loop lelik skeef en gou bevind Rooi Jan en Jeanette hulself letterlik in die leeukuil as offerhandes aan die Beskermers van die Dromme.
(Hierdie boek volg op Die Swart Kommando.)
Oorspronklik uitgegee in 1948.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Slaags met ’n Gruwelbende
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 13
Daar word geweers na die Griekwas gesmokkel en iemand vermoor grensboere. Rooi Jan se ondersoek na beide lei na ’n gedugte en verraderlike teenstander, wat nie skroom om sy eie luitenante van die gras af te maak nie. In samewerking met ’n seerower word ’n lokval vir Rooie gestel, met Jeanette as lokaas.
Oorspronklik uitgegee in 1948.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Legends of South Africa, Vol. 1
Ethel L. McPherson
In this, the first volume in the series, Ethel McPherson recounts twenty-two enjoyable traditional tales of the Zulu and Sotho people.
Originally published in 1919.
E-BOOK (DRM-FREE)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Bruidskat
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 12
Lang Henning en Boet is terug op Verlatendal vir Martie en Stefan se bruilof, maar sonder ’n bruidskat kan meester Benade nie toestemming gee nie. Dan vind Henning die oplossing in die raaiselagtige skildery in die pastorie!
(Hierdie boek volg op Lang Henning en die Rebelle en Kersfees in die Kaap.)
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Swart Kommando
Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 11
Dis die vooraand van die Sesde Grensoorlog en terwyl Rooi Jan die woelinge ondersoek, kom hy onder vuur van ’n kommando Xhosa-skerpskutters. Dis nie hul normale metode van oorlogvoering nie en Rooie vermoed die hand van ’n vreemdeling. Sake lei na ’n geheimsinnige vallei en nog ’n stap nader aan die Heilige Dromme wat menige kryger oorheers.
Oorspronklik uitgegee in 1948.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Kersfees in die Kaap
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 11
Lang Henning en Boet kuier in die Kaap, waar Kersfees nie so rustig gevier word as wat hulle gedink het nie. In die Kasteel se Donker Gat spook dit, terwyl Tafelberg sy eie geheime het. Lang Henning en Boet raak onvermydelik betrokke by die intriges van die Britse bewind.
En kan Duncan die Kaapse resiesperde in ’n wedren klop?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Perdesmous
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 10
Die oomblik toe hy die wilde voshings sien, begeer Boet hom. Hy oorreed Lang Henning om hom te help die perd vang, maar vind al gou dat hy nie die enigste een is wat hom soek nie. Sake begin lelik lyk toe skietgevegte uitbreek en die hings vir die soveelste keer ontsnap.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Nuwejaarsvoël
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 9
Lang Henning en Boet word deur ’n neef gevra om die gouddelwery op ’n buurplaas te kom ondersoek. Gou vind hulle uit wie daar agter sit — Abbot!
Maar wat is die storie met die bene?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Boet-Alleen
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 8
Met die polisie op sy spoor en die boewe wat op hom toesak, moet Boet man-alleen by die magistraat op Beaufort uitkom met die bewyse om die skaapdiewe finaal vas te trek. Maar dan loop alles skeef en verloor hy sy perd en hond —
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Skaapdiewe
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 7
Kruis en dwars deur die Groot Karoo agtervolg Lang Henning en Boet ’n bende skaapdiewe. Die spoor lei na ’n verlate opstal — maar dan word Henning geskiet — en moet Boet alleen die skurke vastrek.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Toekomsmense
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 6
Toe Lang Henning weer sien, verskyn daar twee wesens in die pad, wesens soos hy nog nooit eers van gedroom het nie. Wie en wat is hulle en waar kom hulle vandaan? Al gou kom hy en Boet egter te staan voor die uitdaging om hulle weer weg te help — maar nie sonder om ’n smakie te kry van die lewe in die toekoms nie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Spookruiter
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 5
Spooksekop se spook het weer opgestaan en ry klokslag elke volmaan deur die kloof. Lang Henning en Boet raak onvermydelik betrokke en kom agter dat hier meer aangaan as net ’n spookruiter wat nie sy rus kan kry nie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Oujongnooi
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 4
Koekie Koffeman soek dringend man — en Lang Henning is die ideale kandidaat. Almal span saam om hom voor die kansel te kry en hy self in nie ongeneë nie. Is dit die einde van Lang Henning se vrye lewe op die vlaktes?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Poskoetsrowers
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 3
Omdat sy perd kruppel is ry Boet met die poskoets Kimberley se kant toe, maar dan word die koets beroof en ’n beseerde boer en sy gesin bedreig deur die boewe. Lang Henning en Boet voel dis hulle plig om die poskoetsrowers aan die man te bring en die verlore geld op te spoor.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Rebelle
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 2
’n Dorp kom in opstand teen die Kaapse regering en hou hul amptenare gyselaar in die plaaslike tronk. Lang Henning kan nie help om in te meng nie, hoe dan anders as die rebelle dreig om ’n onskuldige man tereg te stel?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Lang Henning en die Moordplaas
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 1
Dis 1875 in die Groot Karoo. Lang Henning, avonturier van die vlaktes, word teen sy sin betrek by ’n grusame plaasmoord. Sonder veel hulp van Beaufort se magistraat, met slegs ’n wraaksugtige jong seun en dié se brandsiek hond as metgesel, gaan dit maar broekskeur om die skuldiges vas te trek —
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Sand
Mary Sadler
Just about a hundred and fifty years ago, in the latter half of the nineteenth century, the river Gariep is the northern border of the Cape Colony. Beyond lies uncharted country, untamed veld giving way to the great red dunes of the hostile Kalahari Desert. This is Africa. SAND is its story.
Three white people, defying their Church and society, settle on the edge of the Kalahari to escape censure. One young man is the girl’s husband, the other her lover. One must die to secure their future. SAND is their story.
Kora is the last hereditary chief of the Korana clans living along the Gariep. He has vowed to avenge his people, who have been hounded from their ancestral lands in the south by white settlers, but knows that time is running out. The river banks which shelter them will shortly become their last stand against the British Colonial troops. SAND is his story.
E-BOOK (DRM-FREE)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.