GROENHEIDE BOEKE

Lang Henning en die Uile

Lang Henning en die Uile

Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 20

Op die ingewing van die oomblik vra Henning, ‘Het Tante al gehoor van die Uile?’

Sy kyk hom verbaas aan.

‘Die uile? Wat is dit met hulle?’ Verskrik voeg sy by, ‘Daar is nie dalk weer hoenderpes onder hulle nie, is daar?’

‘Nee, nie sover ek weet nie,’ sê Henning en sy antwoord, tog nie gerus nie, ‘Wel, ek hoop dit is nie so nie, want as die wildevoëls dit aanbring vrek al my hoenders ook.’

Die pes waarvan ek praat is tien keer erger, dink Henning, maar hou wyslik sy mond. As tant Mynie moet hoor hoekom hy hier is, sal die hele dorp se ore weldra tuit.

So begin Henning se stryd met die Uile, ’n gedugte internasionale swendelaarsbroederskap wat wil kom nesskop in die Karoo. Die leier staan vir niks terug om sy eie sak te vul nie en maak ’n plan om op wreedaardige wyse van Henning ontslae te raak.

– Lees ‘Hoofstuk 2’ aanlyn!