GROENHEIDE BOEKE

— Heideroos Romanse —

Die Roos op Lagenis

Die Roos op Lagenis 37

Anria Breed

Helen raak smoorverlief op haar sussie se moordenaar wanneer sy hom na agt jaar weer ontmoet by die gastehuis waar sy nou werk. Hy kom elke ses maande terug na Lagenis toe om na sy erfplaas om te sien, en herken nie vir Helen as die skaam twaalfjarige van destyds nie.

Gedurende die tyd sedert die dood van Hesrie en nou, het die waarheid, die leuens en die bitter smart oor haar dood verskeie mense se lewens oorgeneem en selfs verwoes. Helen gee egter nie om nie, want sy weet dat die verlede is verby en dat sy vir die eerste keer in haar lewe ware liefde beleef.

“Verstaan jy hoekom ons nooit saam kan wees nie, Helen? Jou pa … ”

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Sonder om te Groet

Sonder om te Groet 35

Anria Breed

Marlie is ’n getroude vrou, maar wanneer Liam haar ontmoet waar sy by haar neef (en sy drinkebroer) kuier, is sy al waaraan hy dag en nag kan dink. Dit help ook nie dat sy hom konstant tart en uitlok nie, maar hy weet sy is verbode vrugte en moet uit sy lewe bly.

’n Motorongeluk bring hulle nader aan mekaar, en Marlie vertel dat haar huwelik eintlik ’n besigheidstransaksie is tussen haar man en haar vader. Maar dit maak Marlie steeds verbode vrugte, waarvan Liam nie wil eet nie, al is die begeerte hoe oorheersend.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Lisa, My Vriendin

Lisa, My Vriendin 33

Anria Breed

Lisa sê nog altyd vir my dat ek is ’n oppervlakkige man wat te veel waarde heg aan wêreldse dinge, en nou staan ek op trou met ’n vrou wat my alles gee wat ek begeer. Maar is dit regtig wat ek begeer? Is Lisa, my vriendin, nie dalk die een wat daardie leegte in my siel vir altyd sal vul nie, die gat wat ek met aardse goed probeer toestop? Ek moet nou kies tussen twee vrouens. En dan gaan staan ek soos ’n swaap in die middel van die straat en word omgery voor ek vir Lisa kan vertel hoe ek voel.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Skoenlapperkind

Skoenlapperkind 32

Anria Breed

Alana se ma reken dit is tyd dat sy nou trou en besluit dat Rudolf is die perfekte kandidaat. Maar Alana voel onrustig, want alles aan hom is té perfek. Of is dit maar net omdat sy, volgens haar ma, ‘té vol strooi’ is oor goeie mans. Dan ontmoet Alana vir Daniel, met sy mooi oë wat tot die bodem van haar wese inloer elke keer as hy na haar kyk. Suksesvolle Rudolf, wat haar begeer, of besorgde Daniel, wat ’n meisie in die Kaap het? As die bome maar net wou antwoord as sy met hulle praat, dan sou hulle vir Alana soos ’n skoenlapper in die woud kon vry maak.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
’n Blinde Afspraak vir Hugo

’n Blinde Afspraak vir Hugo 30

Anria Breed

Gene word gevra om ’n vriendskap met Hugo op te bou, alhoewel dit gou blyk dat almal wil hê dat dit spoedig tot 'n huwelik moet lei. Hugo is ’n redelik aangename man met goeie maniere, maar ook ongelukkig oor die familieplaas en sy betrokkenheid. Dis egter vir Gene moeilik om op te hou dink aan Elia, Hugo se ouer broer en die een wat die blinde afspraak gereël het. Dit is ook Elia wat haar amper daagliks kom optel om op die plaas te kom kuier. Wie moet Gene kies?

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Riaan se Lag

Riaan se Lag 26

Anria Breed

Maria gaan kuier Desember by die Steyns, spesifiek tannie Susan en haar drie seuns, Daan, Riaan en Jan. Op skool was Maria en Jan dik vriende, hulle het alles wat stout was saam gedoen, terwyl sy en al die ander meisies smoorverlief was op die aantreklike Daan. Dinge is nou anders, want hulle het mekaar jare laas gesien en baie het intussen gebeur. Hulle het almal groot geword, veral Maria en die destydse boekneus Riaan. Dinge is nou definitief anders. Waarom voel Maria so aangetrokke tot die somber en bot Riaan? Is dit omdat hulle altwee hul eie diep hartseer het?

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Gesnyde Liefde

Gesnyde Liefde 23

Anria Breed

Amy moet na haar pa se dood by oom Daan en tannie Kitty gaan woon. Sy was nog altyd ’n ongelukkige en teruggetrokke kind, maar nou bestaan haar lewe slegs uit skool toe en in haar kamer sit. Dit is dan, wanneer sy alleen wegkruip, dat sy haarself oorgee aan Theo se musiek. Theo, die uiterlik rowwe seun met die tattoeëermerke, wat ook nes Amy die pyn van verwerping en verlating deur ’n ouer dra. Theo, wat in dieselfde huis woon, maar nooit gesels of groet nie.

Amy en Theo besef egter dat deur mekaar te ondersteun, kan hulle die verdriet van die verlede oorkom en hulself toelaat om te lewe en liefde te vind.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Oor Daniël

Oor Daniël 21

Anria Breed

Linda en Daniël se kar gaan staan langs die pad wanneer hulle probeer vlug van Marko. Desperaat omdat niemand wil stop en help nie, aanvaar hulle Hermanus se aanbod om die motorkar na sy plaas toe te sleep en daar te oornag. Soos die dae verby gaan omdat daar gewag word vir parte vir die kar, vind hulle die rustigheid wat nog altyd in hul lewens onderbreek het. Daniël en Hermanus word groot vriende, maar Linda moet haar verlede konfronteer wanneer die wrede Marko opdaag en haar met geweld probeer opeis.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Groen Skoene

Groen Skoene 18

Anria Breed

Marlene is skielik werkloos en alleen, want die man vir wie sy lief was, reken hy het haar nie meer nodig nie. Sy gaan Natal toe om daar by die see haar kop en haar lewe uit te sorteer en ontmoet vir Henk Hoggan, ’n wyse omie wat haar help om die lewe te verstaan. Dinge verander egter wanneer die Hoggans se gluten-vrye seun opdaag en Marlene ontdek dat sy het ’n talent vir skoene ontwerp.

Maar is beroemdheid en twee honde, ’n trop ape, ’n pou en haar kuikens, kolganse en ’n vreeslike flankerige koningrooibekkie genoeg? Het mens nie ook liefde in jou lewe nodig om vol te kan wees nie?

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Verkeerdeveer Liefde

Verkeerdeveer Liefde 15

Mary Sadler

Met ’n graad in joernalistiek en geen kennis van spreitabelle kom Marilise na twee jaar in Londen terug op haar tuisdorp. Werk is skaars en hubare mans ook – tot die dag toe alles verander en sy al gou moet kies tussen die nuwe jong veearts en die man wat haar die loopbaan van haar drome aanbied. Maar watter een is vir haar? Liefde kan so bedrieglik wees soos die uiterlik van haar verkeerde­veerkanarie …

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
’n Meisie-Meisie

’n Meisie-Meisie 14

Anria Breed

Roelien moet terug na die familieplaas terwyl haar ma se boedel afgehandel word. Terug na die plaas wat haar pa opgegee het vir ’n lewe in die stad. Dis ’n groot aanpassing en haar wildebras niggie kan maar net nie help om dinge onaangenaam te maak nie. Dis egter die aantreklike plaasvoorman en die jong prokureur uit die stad wat vir Roelien – en haar niggie – in twyfel laat oor familie en liefde … en beide moet die keuse maak tussen plaas en stad.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Cliché-Moord

Die Cliché-Moord 12

Anria Breed

’n Spook in ’n koringland op ’n plaas tussen êrens en nêrens. Hoe cliché.

Heidi se wêreld tuimel inmekaar toe haar man hulle bankrot dobbel, en haar enigste heenkome is om saam met haar ma en ouma in ’n plaashuis te gaan woon. Omring deur koringlande en platsak, moet sy die dorp se mense trotseer om haar waardigheid weer op te bou en ’n nuwe lewe te begin.

Dis egter nie so maklik nie, met Ben (haar aantreklike buurman), Nicolaas (’n pierewaaier uit die stad) en Werner (die man van wie sy wil skei) wat aldrie meeding om haar aandag. En oom Daan wat elke aand in die koringland spit spit spit …

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Skoenpolitoer vir die Liefde

Skoenpolitoer vir die Liefde 10

Anria Breed

Nicolette het ’n oordeelsfout gemaak.

Nou, nege maande later, verander haar eensame bestaan op verskeie vlakke wanneer sy saam met die geheimsinnige man in woonstel ‘16’ afry in die hysbak en in kraam gaan. Hy help haar om by die hospitaal te kom en, alhoewel hy na die tyd baie behulpsaam en ordentelik optree teenoor haar en haar klein babatjie, kan Nicolette nie anders as om te dink dat hy meer soek as net vriendskap nie. Geen man is so goed en verdraagsaam nie, veral nie teenoor ’n enkelma van ’n pasgebore baba nie! En wat is nogal die kastige ‘projek’ wat hy alewige as verskoning gebruik waarom hy nie gereeld kan kom kuier nie?

Nicolette se verstand sê dat hy haar net aan ’n lyntjie hou vir ingeval, maar haar hart skree LIEFDE!

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Slaaisous vir die Liefde

Slaaisous vir die Liefde 9

Mary Sadler

Al wat Froon Froneman wil doen is om die wêreld se armes en straatkatte te voed met oorskietkos uit sy restaurant. Vir meisies het hy nie tyd nie, totdat hy hom in Mart vasloop – klein, maer Mart wat lyk asof sy lanklaas ’n ordentlike bord kos ingekry het. Amper ongemerk begin die twee se stryd om mekaar se harte, waarin Froon gedwarsboom word deur sy familienaam en Mart deur ’n persoon uit haar verlede wat onverwags opdaag. Dan is daar nog die skatryk Vanessa wat Froon as haar verloofde opeis, ’n kletsende kerkkraai, ’n gesteelde trofee en die slaaisous wat vir Froon beroemd gaan maak …

Is liefde sterk genoeg om ongeskonde deur meer moeilikheid as waarop albei bedag is, te kom?

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Liewer ’n Stalkneg

Liewer ’n Stalkneg 8

Mary Sadler

Toe Ronèl se lieflingperd verkoop word sien sy net een pad oop vir haarself: sy moet saam met hom gaan om te keer dat hy mishandel word oor die een fout wat hy het. So beland sy op Norval Equestria, die spoglandgoed van haar droomheld, die kampioenruiter Lourens Norval en kom al die eerste dag voor raaisels te staan wat haar dronkslaan. Hoekom koop Norval ’n perd wat gebore is vir dressuur, terwyl hy mik na die Olimpiese skouspringtoernooie? Hoekom moet Blazoen ’n ander naam kry? Wat weet die opperkneg Jackson? Hoekom tree die ander stalknegte so vreemd op? Wat het gebeur in die versteekte hutjie in die bosse? En om alles te kroon: hoekom verander die onbeskofte Norval se houding teenoor haar ewe skielik? Iets is nie pluis nie.

Ronèl en haar nuwe vriendin Janet span saam om die geheime te ontrafel, wat lei tot ’n ontstellende klimaks in die skouspring-arena.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Katrien

Katrien 7

Anria Breed

Katrien staan op trou met ’n man wat haar alles sal gee. ’n Maand voor die bruilof verklaar hy egter dat hy wil nooit kinders hê nie. Ten einde hierdie toekomstige leemte in haar lewe te verwerk, gaan stap Katrien in die berge. Daar word sy beseer toe sy gly en val, maar word gehelp deur ’n eksentrieke bergman en sy hond.

Katrien moet nou besluit of sy vir altyd in ’n weelderige, maar kinderlose huwelik wil wees, en of sy alles moet laat vaar om uit te vind wie is die aantreklike bergman wat homself so afsonder van die wêreld.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Nooientjie van My Drome

Nooientjie van My Drome 5

M. Strydom

Agtienjarige Tita Verster is die probleemkind van Kroondorp. Marius de Wet, die jong plaaslike dokter, vermoed dis omdat sy deur haar ma verwaarloos is, en ontferm hom oor haar as interessante ‘geval’. ’n Ramp van ’n partytjie laat Tita egter so ver in haar dop terugkruip dat Marius alle moed verloor.

Totdat iemand uit sy eie verlede opdaag wat Tita se toekoms ook wil verander …

Oorspronklik uitgegee in 1959.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

 
My Lewe in ’n Tas

My Lewe in ’n Tas 4

Anria Breed

Na jare van weghardloop besef Miena dat sy moet terugkeer na die huis waar sy grootgeword het, om haar verlede te konfronteer.

Daar ontmoet sy Dawid, wat nie haar verlede ken nie. Hy stel ook nie daarin belang nie, maar Miena is bang dat sy hom sal verloor as hy weet wat daardie aand, agt jaar gelede, gebeur het.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
“x no”

“x no” 3

Mary Sadler

Al wat in die pad van Olga se vurige liefde vir die skool se sportheld Michael staan, is sy meisie, die pragtige Kayla. Hoe kan sy by haar verbykom? Kayla, wat vir haar aaklike sms’e stuur en hul klasmaats teen haar opsteek. Olga moet iets doen toe “x no” nie meer genoeg is nie. Gaan Plan D slaag waar Planne A, B en C misluk het? Maar vir Plan D moet sy ouboet Nico se hulp inroep, wat nie baie lus is daarvoor nie – en intussen is daar Michael se beste vriend, die bleeksiel Hennie, wat op haar verlief is, ’n meisierugbyspan, ’n nasionale wiskundekompetisie en ’n paar porsies poeding om sake nog moeiliker te maak.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Hemelsblou & Seegroen

Hemelsblou & Seegroen 2

Mary Sadler

Tanya is daarvan oortuig dat haar ouers gaan skei en dat dit haar skuld is. Hoe kan sy dit keer? Haar pa sê hierdie vakansie by die see is hul laaste, die tyd raak min! Daarby dring haar beste vriendin aan op ’n vakansie-romanse – as sy net geweet het hoe. Haar planne loop een vir een skeef en daarby kom krap die aantreklike Rick ook nog die pot deurmekaar met ’n agenda van sy eie. Tanya vind uit wat liefde is, en ’n hele paar ander goed op die koop toe.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.