— Emma Roux —
Die Raaisel van die Raam 1
Anria Breed
Emma se talent vir potloodsketse maak dat sy toevallig op ’n raaisel in die ou Kombrink Manor afkom: waarom ’n gewone skildery in ’n peperduur raam sit? Dan verdwyn die skildery en raam uit die huis en is daar geen rekord dat dit ooit bestaan het nie … behalwe Emma se sketse.
Emma en haar vriendin, Hestine, besluit om die raaisel van die raam te ondersoek en uit te vind wie het dit gesteel.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Geheim van die Geroeste Volla 2
Anria Breed
Vir die eerste keer sedert Graad Een, word Emma na die Gruvé-tweeling se verjaarsdagpartytjie genooi. Dit word hierdie jaar gehou op hul ouers se luukse wildplaas en Emma is van plan om die hele naweek al die natuurskoon in haar sketsboek vas te lê.
Dis egter wanneer Hestine en Trisha begin terg dat die rede vir die uitnodiging is omdat Bayron Gruvé, die aantreklikste seun in die skool, sy liefdesvisier op Emma gesit het, dat Emma sterk twyfel of dit so goeie idee is om te gaan. Maar gou word haar aandag afgelei deur die verskuilde boomhuis en die geheimsinnige wrak van ’n ou VW Kewer in die bos, en bevind Emma haarself heuphoogte in ’n nuwe avontuur.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Raaisel van die Rooi Borsspeld 3
Anria Breed
Emma en Hestine grou (met toestemming) tussen ouma Hester se juweliersware op soek na iets om te dra na ’n skoolfunksie toe. Hulle vind die pragtigste borsspeld, maar Ouma sê net nee, hulle moet ’n ander een kies.
Emma gaan saam met haar ouers na die Doyle-praghuis (wat hulle moet verkoop), waar sy hoor van die waardevolle borsspeld uit die familie se geskiedenis wat al jare verlore is … en tot Emma se skok sien sy op ’n portret dat dit is dieselfde borsspeld as ouma Hester s’n!
Die raaisel van die rooi borsspeld … Hoekom is dit in Ouma se besit? Het Ouma dit gesteel?
Emma se dilemma is dat sy nie vir Hestine hiervan kan vertel nie!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Leidraad in die Hoed 4
Anria Breed
Emma ontdek weer die vreemde nota wat sy in die ou klokkiehoed gevind het en besluit om die raaisel te ontrafel en die skat te vind. Dis egter nie so eenvoudig nie, want daar is ’n skurk in die skadu’s wat vir Emma gebruik om vir hom die leidrade te ontsyfer. Verraad en gierigheid maak dat Emma leer wie is haar vriende en wie is haar vyande.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Geheim van die Groen Kar 5
Anria Breed
Die stuk pels van Liam se groen kar bly lostrek en dan word die rede duidelik: ’n boef wat daaraan peuter. Met nadere ondersoek, word ’n koevert met vier vreemde seëls daarop, gevind. Liam vra Emma se hulp om die raaisel van sy groen kar op te los. Wat hulle nie kan verstaan nie, is die doel van die koevert onder die pels. Dan verdwyn Liam en begin die boef vir Emma te dreig om hom op te spoor. Om dit te kan doen, moet sy eers die vorige eienaar van die pelskar vind, en besef dat die saak meer verstrengeld is as ’n bord spaghetti.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Sketskompetisie 6
Anria Breed
Emma en haar tannie Rentia gaan na die buurdorp om die uitstalling van die sketskompetisie te doen. Gelukkig is hulle vroeg, want daar aangekom, is die sketse weg en in hul plek ’n kriptiese reeks raaisels. Dit blyk dat iemand het sy (of haar) mes in vir Emma en dat die oplossings van die raaisels gaan aandui waar die skurk dit weggesteek het. Gaan Emma en Rentia die sketse vind voor die beoordelaars opdaag? Is die opsigter van die saal die skurk, want hy is die enigste ander persoon daar en tree darem net te verdag op.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Geheim in die Gisterboks 7
Anria Breed
Emma vind ’n houtkissie begrawe in die tuin van Kombrink Manor, maar voor sy dit kan oopmaak, vra Liam dat sy moet help om ’n vermiste familielid op te spoor. Dis wanneer Emma doen wat sy so goed doen, dat sy ’n sinistêre skakel oopgrou tussen die gisterboks se inhoud, Liam se vermiste oom en ’n onopgeloste moord van baie jare gelede. Probleem is dat daar is ook twee grillerige omies wat definitief sal verkies dat Emma haar speurwerk los vir netbal … wat beteken dat Emma, Hestine en Liam moet dringend by speurder Steenkamp uitkom!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.