GROENHEIDE BOEKE

— Anria Breed —

Die Roos op Lagenis

Die Roos op Lagenis

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 37

Helen raak smoorverlief op haar sussie se moordenaar wanneer sy hom na agt jaar weer ontmoet by die gastehuis waar sy nou werk. Hy kom elke ses maande terug na Lagenis toe om na sy erfplaas om te sien, en herken nie vir Helen as die skaam twaalfjarige van destyds nie.

Gedurende die tyd sedert die dood van Hesrie en nou, het die waarheid, die leuens en die bitter smart oor haar dood verskeie mense se lewens oorgeneem en selfs verwoes. Helen gee egter nie om nie, want sy weet dat die verlede is verby en dat sy vir die eerste keer in haar lewe ware liefde beleef.

“Verstaan jy hoekom ons nooit saam kan wees nie, Helen? Jou pa … ”

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Sonder om te Groet

Sonder om te Groet

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 35

Marlie is ’n getroude vrou, maar wanneer Liam haar ontmoet waar sy by haar neef (en sy drinkebroer) kuier, is sy al waaraan hy dag en nag kan dink. Dit help ook nie dat sy hom konstant tart en uitlok nie, maar hy weet sy is verbode vrugte en moet uit sy lewe bly.

’n Motorongeluk bring hulle nader aan mekaar, en Marlie vertel dat haar huwelik eintlik ’n besigheidstransaksie is tussen haar man en haar vader. Maar dit maak Marlie steeds verbode vrugte, waarvan Liam nie wil eet nie, al is die begeerte hoe oorheersend.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Geheim in die Gisterboks

Die Geheim in die Gisterboks

Anria Breed
Emma Roux · No. 7

Emma vind ’n houtkissie begrawe in die tuin van Kombrink Manor, maar voor sy dit kan oopmaak, vra Liam dat sy moet help om ’n vermiste familielid op te spoor. Dis wanneer Emma doen wat sy so goed doen, dat sy ’n sinistêre skakel oopgrou tussen die gisterboks se inhoud, Liam se vermiste oom en ’n onopgeloste moord van baie jare gelede. Probleem is dat daar is ook twee grillerige omies wat definitief sal verkies dat Emma haar speurwerk los vir netbal … wat beteken dat Emma, Hestine en Liam moet dringend by speurder Steenkamp uitkom!

 
Lisa, My Vriendin

Lisa, My Vriendin

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 33

Lisa sê nog altyd vir my dat ek is ’n oppervlakkige man wat te veel waarde heg aan wêreldse dinge, en nou staan ek op trou met ’n vrou wat my alles gee wat ek begeer. Maar is dit regtig wat ek begeer? Is Lisa, my vriendin, nie dalk die een wat daardie leegte in my siel vir altyd sal vul nie, die gat wat ek met aardse goed probeer toestop? Ek moet nou kies tussen twee vrouens. En dan gaan staan ek soos ’n swaap in die middel van die straat en word omgery voor ek vir Lisa kan vertel hoe ek voel.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Skoenlapperkind

Skoenlapperkind

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 32

Alana se ma reken dit is tyd dat sy nou trou en besluit dat Rudolf is die perfekte kandidaat. Maar Alana voel onrustig, want alles aan hom is té perfek. Of is dit maar net omdat sy, volgens haar ma, ‘té vol strooi’ is oor goeie mans. Dan ontmoet Alana vir Daniel, met sy mooi oë wat tot die bodem van haar wese inloer elke keer as hy na haar kyk. Suksesvolle Rudolf, wat haar begeer, of besorgde Daniel, wat ’n meisie in die Kaap het? As die bome maar net wou antwoord as sy met hulle praat, dan sou hulle vir Alana soos ’n skoenlapper in die woud kon vry maak.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Droom

Die Droom

Anria Breed
GSSR · No. 6

Jana droom van ’n grusame moord, dieselfde droom oor en oor, elke keer as sy in haar bed slaap. Aanvanklik dink sy dis net ’n onaangename nagmerrie, maar wanneer ’n jong vrou uit die woonstel reg onder hare verdwyn, raak die droom net te waar. Die polisie reken sy mors hulle tyd hiermee, behalwe die aantreklike speurder Swart. Volgens hom is daar te veel detail in Jana se droom om toevallig te wees.

Soos wat die ondersoek vorder, so openbaar Jana se droom ook elke keer meer inligting oor die ontvoerde vrou en die skuldige. Gaan Jana en die speurder betyds wees om ’n moord te voorkom?

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
’n Blinde Afspraak vir Hugo

’n Blinde Afspraak vir Hugo

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 30

Gene word gevra om ’n vriendskap met Hugo op te bou, alhoewel dit gou blyk dat almal wil hê dat dit spoedig tot 'n huwelik moet lei. Hugo is ’n redelik aangename man met goeie maniere, maar ook ongelukkig oor die familieplaas en sy betrokkenheid. Dis egter vir Gene moeilik om op te hou dink aan Elia, Hugo se ouer broer en die een wat die blinde afspraak gereël het. Dit is ook Elia wat haar amper daagliks kom optel om op die plaas te kom kuier. Wie moet Gene kies?

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Riaan se Lag

Riaan se Lag

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 26

Maria gaan kuier Desember by die Steyns, spesifiek tannie Susan en haar drie seuns, Daan, Riaan en Jan. Op skool was Maria en Jan dik vriende, hulle het alles wat stout was saam gedoen, terwyl sy en al die ander meisies smoorverlief was op die aantreklike Daan. Dinge is nou anders, want hulle het mekaar jare laas gesien en baie het intussen gebeur. Hulle het almal groot geword, veral Maria en die destydse boekneus Riaan. Dinge is nou definitief anders. Waarom voel Maria so aangetrokke tot die somber en bot Riaan? Is dit omdat hulle altwee hul eie diep hartseer het?

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Not Only Angels

Not Only Angels

Anria Breed
Inspiration & Daisies · No. 2

Evah is so used to being used that she feels forsaken by God, but her belief is challenged when her uncle cleans up his life. If religion can change him, does it offer her a similar salvation? Evah must learn that God never abandoned her, but that she must also challenge her circumstances and her perception of love. Fortunately she realises that there are many good people who want to help her find spiritual fulfilment and become the woman of God’s plan.

E-BOOK (DRM-FREE)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
When Voices and Demons Collide

When Voices and Demons Collide

Ellie Grace, Anria Breed
Inspiration & Daisies · No. 1

Skye cannot adjust to life without her sister, who died in a car accident. Therapy and group sessions are not working … until she falls in love with the enigmatic Logan. He has some serious issues himself, including survivor guilt after a car accident. It is when they discover the fateful connection between their lives that their relationship is tested and their faith in God challenged.

– Read ‘Chapter 1’ online!

E-BOOK (DRM-FREE)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Reeksdigter

Die Reeksdigter

Anria Breed
GSSR · No. 4

Daar is ’n reeksmoordenaar besig om eensame vrouens in Herzogstraat te vermoor. Alles dui op Jack Smit, ’n digter wat die kommissie aanvaar het om ’n reeks gedigte oor reeksmoordenaars te skryf vir die koerant. Hoe hy die dade pleeg is wat die polisie nog nie kan bepaal nie, maar die vermoede is dat hy ’n medepligtige het wat hom help.

Dan oorleef een van die slagoffers en kom getuienis aan die lig wat bloot te ongelooflik is om die waarheid te wees. Of is Karin dalk die medepligtige en is haar spookagtige aanvaller ’n versindsel om hul siek speletjie uit te rek?

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Sketskompetisie

Die Sketskompetisie

Anria Breed
Emma Roux · No. 6

Emma en haar tannie Rentia gaan na die buurdorp om die uitstalling van die sketskompetisie te doen. Gelukkig is hulle vroeg, want daar aangekom, is die sketse weg en in hul plek ’n kriptiese reeks raaisels. Dit blyk dat iemand het sy (of haar) mes in vir Emma en dat die oplossings van die raaisels gaan aandui waar die skurk dit weggesteek het. Gaan Emma en Rentia die sketse vind voor die beoordelaars opdaag? Is die opsigter van die saal die skurk, want hy is die enigste ander persoon daar en tree darem net te verdag op.

– Lees ‘Hoofstuk 0’ aanlyn!

 
Gesnyde Liefde

Gesnyde Liefde

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 23

Amy moet na haar pa se dood by oom Daan en tannie Kitty gaan woon. Sy was nog altyd ’n ongelukkige en teruggetrokke kind, maar nou bestaan haar lewe slegs uit skool toe en in haar kamer sit. Dit is dan, wanneer sy alleen wegkruip, dat sy haarself oorgee aan Theo se musiek. Theo, die uiterlik rowwe seun met die tattoeëermerke, wat ook nes Amy die pyn van verwerping en verlating deur ’n ouer dra. Theo, wat in dieselfde huis woon, maar nooit gesels of groet nie.

Amy en Theo besef egter dat deur mekaar te ondersteun, kan hulle die verdriet van die verlede oorkom en hulself toelaat om te lewe en liefde te vind.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Geheim van die Groen Kar

Die Geheim van die Groen Kar

Anria Breed
Emma Roux · No. 5

Die stuk pels van Liam se groen kar bly lostrek en dan word die rede duidelik: ’n boef wat daaraan peuter. Met nadere ondersoek, word ’n koevert met vier vreemde seëls daarop, gevind. Liam vra Emma se hulp om die raaisel van sy groen kar op te los. Wat hulle nie kan verstaan nie, is die doel van die koevert onder die pels. Dan verdwyn Liam en begin die boef vir Emma te dreig om hom op te spoor. Om dit te kan doen, moet sy eers die vorige eienaar van die pelskar vind, en besef dat die saak meer verstrengeld is as ’n bord spaghetti.

– Lees ‘Hoofstuk 0’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Oor Daniël

Oor Daniël

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 21

Linda en Daniël se kar gaan staan langs die pad wanneer hulle probeer vlug van Marko. Desperaat omdat niemand wil stop en help nie, aanvaar hulle Hermanus se aanbod om die motorkar na sy plaas toe te sleep en daar te oornag. Soos die dae verby gaan omdat daar gewag word vir parte vir die kar, vind hulle die rustigheid wat nog altyd in hul lewens onderbreek het. Daniël en Hermanus word groot vriende, maar Linda moet haar verlede konfronteer wanneer die wrede Marko opdaag en haar met geweld probeer opeis.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Leidraad in die Hoed

Die Leidraad in die Hoed

Anria Breed
Emma Roux · No. 4

Emma ontdek weer die vreemde nota wat sy in die ou klokkiehoed gevind het en besluit om die raaisel te ontrafel en die skat te vind. Dis egter nie so eenvoudig nie, want daar is ’n skurk in die skadu’s wat vir Emma gebruik om vir hom die leidrade te ontsyfer. Verraad en gierigheid maak dat Emma leer wie is haar vriende en wie is haar vyande.

– Lees ‘Hoofstuk 0’ aanlyn!

 
Die Ekstra Sleutel

Die Ekstra Sleutel

Anria Breed
GSSR · No. 1

Die dag nadat Francois spoorloos verdwyn het, vind Annelize ’n ekstra sleutel aan haar sleutelbos. Wie het dit daar aangesit? Wanneer? Hoekom? Dan ontdek Annelize dat die sleutel die vreemde kissie versteek in haar slaapkamer oopsluit en so ook die vraag van wie was haar verloofde werklik?

Met behulp van Francois se vriend, Smithy, moet Annelize die een na die ander leidraad volg en raaisel oplos om by die antwoord uit te kom. Dis net dat Annelize is nie die enigste een wat die spoor volg nie.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Groen Skoene

Groen Skoene

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 18

Marlene is skielik werkloos en alleen, want die man vir wie sy lief was, reken hy het haar nie meer nodig nie. Sy gaan Natal toe om daar by die see haar kop en haar lewe uit te sorteer en ontmoet vir Henk Hoggan, ’n wyse omie wat haar help om die lewe te verstaan. Dinge verander egter wanneer die Hoggans se gluten-vrye seun opdaag en Marlene ontdek dat sy het ’n talent vir skoene ontwerp.

Maar is beroemdheid en twee honde, ’n trop ape, ’n pou en haar kuikens, kolganse en ’n vreeslike flankerige koningrooibekkie genoeg? Het mens nie ook liefde in jou lewe nodig om vol te kan wees nie?

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Raaisel van die Rooi Borsspeld

Die Raaisel van die Rooi Borsspeld

Anria Breed
Emma Roux · No. 3

Emma en Hestine grou (met toestemming) tussen ouma Hester se juweliersware op soek na iets om te dra na ’n skoolfunksie toe. Hulle vind die pragtigste borsspeld, maar Ouma sê net nee, hulle moet ’n ander een kies.

Emma gaan saam met haar ouers na die Doyle-praghuis (wat hulle moet verkoop), waar sy hoor van die waardevolle borsspeld uit die familie se geskiedenis wat al jare verlore is … en tot Emma se skok sien sy op ’n portret dat dit is dieselfde borsspeld as ouma Hester s’n!

Die raaisel van die rooi borsspeld … Hoekom is dit in Ouma se besit? Het Ouma dit gesteel?

Emma se dilemma is dat sy nie vir Hestine hiervan kan vertel nie!

– Lees ‘Hoofstuk 0’ aanlyn!

 
Die Geheim van die Geroeste Volla

Die Geheim van die Geroeste Volla

Anria Breed
Emma Roux · No. 2

Vir die eerste keer sedert Graad Een, word Emma na die Gruvé-tweeling se verjaarsdag­partytjie genooi. Dit word hierdie jaar gehou op hul ouers se luukse wildplaas en Emma is van plan om die hele naweek al die natuur­skoon in haar sketsboek vas te lê.

Dis egter wanneer Hestine en Trisha begin terg dat die rede vir die uitnodiging is omdat Bayron Gruvé, die aantreklikste seun in die skool, sy liefdesvisier op Emma gesit het, dat Emma sterk twyfel of dit so goeie idee is om te gaan. Maar gou word haar aandag afgelei deur die verskuilde boomhuis en die geheimsinnige wrak van ’n ou VW Kewer in die bos, en bevind Emma haarself heuphoogte in ’n nuwe avontuur.

– Lees ‘Hoofstuk 0’ aanlyn!

 
Die Raaisel van die Raam

Die Raaisel van die Raam

Anria Breed
Emma Roux · No. 1

Emma se talent vir potloodsketse maak dat sy toevallig op ’n raaisel in die ou Kombrink Manor afkom: waarom ’n gewone skildery in ’n peperduur raam sit? Dan verdwyn die skildery en raam uit die huis en is daar geen rekord dat dit ooit bestaan het nie … behalwe Emma se sketse.

Emma en haar vriendin, Hestine, besluit om die raaisel van die raam te ondersoek en uit te vind wie het dit gesteel.

– Lees ‘Hoofstuk 0’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
’n Meisie-Meisie

’n Meisie-Meisie

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 14

Roelien moet terug na die familieplaas terwyl haar ma se boedel afgehandel word. Terug na die plaas wat haar pa opgegee het vir ’n lewe in die stad. Dis ’n groot aanpassing en haar wildebras niggie kan maar net nie help om dinge onaangenaam te maak nie. Dis egter die aantreklike plaasvoorman en die jong prokureur uit die stad wat vir Roelien – en haar niggie – in twyfel laat oor familie en liefde … en beide moet die keuse maak tussen plaas en stad.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Cliché-Moord

Die Cliché-Moord

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 12

’n Spook in ’n koringland op ’n plaas tussen êrens en nêrens. Hoe cliché.

Heidi se wêreld tuimel inmekaar toe haar man hulle bankrot dobbel, en haar enigste heenkome is om saam met haar ma en ouma in ’n plaashuis te gaan woon. Omring deur koringlande en platsak, moet sy die dorp se mense trotseer om haar waardigheid weer op te bou en ’n nuwe lewe te begin.

Dis egter nie so maklik nie, met Ben (haar aantreklike buurman), Nicolaas (’n pierewaaier uit die stad) en Werner (die man van wie sy wil skei) wat aldrie meeding om haar aandag. En oom Daan wat elke aand in die koringland spit spit spit …

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Skoenpolitoer vir die Liefde

Skoenpolitoer vir die Liefde

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 10

Nicolette het ’n oordeelsfout gemaak.

Nou, nege maande later, verander haar eensame bestaan op verskeie vlakke wanneer sy saam met die geheimsinnige man in woonstel ‘16’ afry in die hysbak en in kraam gaan. Hy help haar om by die hospitaal te kom en, alhoewel hy na die tyd baie behulpsaam en ordentelik optree teenoor haar en haar klein babatjie, kan Nicolette nie anders as om te dink dat hy meer soek as net vriendskap nie. Geen man is so goed en verdraagsaam nie, veral nie teenoor ’n enkelma van ’n pasgebore baba nie! En wat is nogal die kastige ‘projek’ wat hy alewige as verskoning gebruik waarom hy nie gereeld kan kom kuier nie?

Nicolette se verstand sê dat hy haar net aan ’n lyntjie hou vir ingeval, maar haar hart skree LIEFDE!

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Katrien

Katrien

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 7

Katrien staan op trou met ’n man wat haar alles sal gee. ’n Maand voor die bruilof verklaar hy egter dat hy wil nooit kinders hê nie. Ten einde hierdie toekomstige leemte in haar lewe te verwerk, gaan stap Katrien in die berge. Daar word sy beseer toe sy gly en val, maar word gehelp deur ’n eksentrieke bergman en sy hond.

Katrien moet nou besluit of sy vir altyd in ’n weelderige, maar kinderlose huwelik wil wees, en of sy alles moet laat vaar om uit te vind wie is die aantreklike bergman wat homself so afsonder van die wêreld.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
My Lewe in ’n Tas

My Lewe in ’n Tas

Anria Breed
Heideroos Romanse · No. 4

Na jare van weghardloop besef Miena dat sy moet terugkeer na die huis waar sy grootgeword het, om haar verlede te konfronteer.

Daar ontmoet sy Dawid, wat nie haar verlede ken nie. Hy stel ook nie daarin belang nie, maar Miena is bang dat sy hom sal verloor as hy weet wat daardie aand, agt jaar gelede, gebeur het.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 

— Binnekort —

Die Geheim in die Stofomslag
Die Raaisel van die Buurtwag
Help!!
Hande Vol Bloed