GROENHEIDE BOEKE

— INLIGTING —

Die wie & wat van GROENHEIDE BOEKE

GROENHEIDE BOEKE is ’n doelgerigte uitgewery van gedrukte sagteband boeke, e-boeke en tuisdruk boeke. Die fokus lê by lekkerlees Afrikaanse storieboeke, maar ander boeke wat ons interessant vind word ook uitgegee. Ons poog ook om die standaard van Afrikaans hoog te hou deur o.a. ou boeke weer uit te gee sodat ’n nuwe generasie lesers dit kan geniet.

GROENHEIDE BOEKE se ideaal is om met die medewerking van beide gevestigde en nuwe skrywers bekostigbare leesstof aan te bied wat in elke opsig van net so ’n hoogstaande gehalte as enige duur boek is wat deur die groot uitgewers gepubliseer word. Ons reken dat Afrikaanse lektuur vandag vir baie persone, veral kinders en afgetredenes, te duur geword het en ons glo dat teen minder as R100 – dikwels selfs minder as R60 – vir ’n gedrukte boek ons die genot van lees weer binne die bereik van almal stel.

GROENHEIDE BOEKE publiseer enkelboeke en reekse. Ons publiseer nuwe boeke, asook boeke wat uit kopiereg en nie meer beskikbaar is nie. Ons gewildste reekse is die verskeie Heideroos Romanses (liefdesverhale vir alle ouderdomme), Die Poniehoewe-Klub (vir meisies 9 tot 12 jaar wat mal is oor perde), Die Karoo Avonture (plaaslike ‘cowboy’-boeke vir seuns en mans) en klassieke Afrikaanse reekse soos Die Swart Luiperd en Temmers van die Woestyn.

By GROENHEIDE BOEKE hoef skrywers nie te betaal om hul boeke te publiseer nie. Ons doen alles gratis, insluitende redigeer, proeflees, skep van e-boeke, voorraadkontrole en algemene administrasie.

Voorlegging van Manuskripte

Op hierdie stadium aanvaar ons nie nuwe manuskripte nie. Ons gaan eers wag tot die land se ekonomie herstel het na die ramp veroorsaak deur die herhaalde, nasionale inperkings.

Verpligte Informasie

Die volgende inligting rakende GROENHEIDE BOEKE word vereis deur a. 43(1) van die Electronic Communications and Transactions Act 25 of 2002 (ECTA) en deur a. 79(2) van die Consumer Protection Act 68 of 2008 (CPA):

  1. Volle naam: GROENHEIDE BOEKE (Pty) Ltd (2019/109904/07).
  2. Direkteur: Robert Izak Sadler (RSA ID: 7306275043085).
  3. Posadres: (geen).
  4. Adres vir ontvangs van dokumente: 110 Cannon Crescent, Hartbeespoort, Suid-Afrika.
  5. Telefoonnommer: 064-881-2242 (Hierdie nommer word slegs verskaf omdat die Wet een vereis; maar daar is geen telefoon aan gekoppel nie.)
  6. Webwerf adres: http://www.groenheide.co.za.
  7. E-pos adres: admin@groenheide.co.za.
  8. Aard van besigheid: Uitgewer van boeke.
  9. Teruggawe van aankope word i.t.v. a. 42(2)(h) van die ECTA, saamgelees met a. 20 van die CPA, beperk tot die omruil van defektiewe boeke.
  10. Affidavit for purposes of B-BBEE compliance of an exempt micro enterprise.
  11. CIPC registration certificate.