GROENHEIDE BOEKE

— GSSR —

Die Droom

Die Droom 6

Anria Breed

Jana droom van ’n grusame moord, dieselfde droom oor en oor, elke keer as sy in haar bed slaap. Aanvanklik dink sy dis net ’n onaangename nagmerrie, maar wanneer ’n jong vrou uit die woonstel reg onder hare verdwyn, raak die droom net te waar. Die polisie reken sy mors hulle tyd hiermee, behalwe die aantreklike speurder Swart. Volgens hom is daar te veel detail in Jana se droom om toevallig te wees.

Soos wat die ondersoek vorder, so openbaar Jana se droom ook elke keer meer inligting oor die ontvoerde vrou en die skuldige. Gaan Jana en die speurder betyds wees om ’n moord te voorkom?

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Reeksdigter

Die Reeksdigter 4

Anria Breed

Daar is ’n reeksmoordenaar besig om eensame vrouens in Herzogstraat te vermoor. Alles dui op Jack Smit, ’n digter wat die kommissie aanvaar het om ’n reeks gedigte oor reeksmoordenaars te skryf vir die koerant. Hoe hy die dade pleeg is wat die polisie nog nie kan bepaal nie, maar die vermoede is dat hy ’n medepligtige het wat hom help.

Dan oorleef een van die slagoffers en kom getuienis aan die lig wat bloot te ongelooflik is om die waarheid te wees. Of is Karin dalk die medepligtige en is haar spookagtige aanvaller ’n versindsel om hul siek speletjie uit te rek?

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Die Ekstra Sleutel

Die Ekstra Sleutel 1

Anria Breed

Die dag nadat Francois spoorloos verdwyn het, vind Annelize ’n ekstra sleutel aan haar sleutelbos. Wie het dit daar aangesit? Wanneer? Hoekom? Dan ontdek Annelize dat die sleutel die vreemde kissie versteek in haar slaapkamer oopsluit en so ook die vraag van wie was haar verloofde werklik?

Met behulp van Francois se vriend, Smithy, moet Annelize die een na die ander leidraad volg en raaisel oplos om by die antwoord uit te kom. Dis net dat Annelize is nie die enigste een wat die spoor volg nie.

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 

— Binnekort —

Hande Vol Bloed