— Die Poniehoewe-Klub —
Die Poniehoewe-Klub 1
Mary Sadler
Vyf maats se kommervrye ponie-dae is verby want die ryklub se grond is aan ontwikkelaars verkoop. Met minder as drie weke oor voordat die stootskrapers inrol om alles plat te vee, waarheen nou? Of gaan die getroue ponies verkoop word soos hul ouers dreig?
Tog is daar een skrale moontlikheid.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Eerste Gimkana 2
Mary Sadler
Daar gaan ’n gimkana gehou word by die Equestrian Centre en die vyf maats van die Poniehoewe-Klub besluit om deel te neem. Dis egter nie so maklik nie, want hulle het geen benul wat gedoen gaan word nie. Gelukkig is Mildred daar om hulle touwys te maak met rylesse, rylesse en nog rylesse.
Op die dag van die gimkana sien hulle die ander spanne vir die eerste keer: plaaskinders wat op ’n perd se rug gebore is en Philippe’s Pride, die beste ruiters van die Centre.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Rosette vir Dapper 3
Mary Sadler
SKOUSPRING!
Die Poniehoewers maak gereed vir hul eerste skouspringkompetisie. Die ponies moet fiks gemaak word vir spring en daar moet geleer word van al die verskillende soorte hindernisse. Dis harde werk, maar ook groot pret … totdat die dag van die kompetisie aanbreek!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Vreemde Ruiter 4
Mary Sadler
Trevor se winkbroue lig spottend. ‘Of anders?’
Ruan probeer dink wat ‘tot by oom Daantjie in die kalwerhok’, en ‘jou ma vir ’n eendvoël aansien’ in Engels is, maar vind nie die regte woorde nie en volstaan tenslotte met, ‘Anders kry jy met my te doen. Onthou net, óns meisies en óns ponies. Kom, Tjello!’
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Mandjies word Boontjies 5
Mary Sadler
Die Poniehoewe-Klub hou ’n veldwedloop oor skrikwekkende hindernisse; Shanu spog net een keer te veel — en Mandjies word Boontjies.
Die groot krisis is egter Star wat in die donker van die nag weggeloop het!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Dressuur vir Dommie 6
Mary Sadler
Philippe van die Equestrian Centre wil nie agterbly na die Poniehoewe-Klub se suksesvolle heg-en-stegkompetisie nie en besluit om daarop te verbeter deur ’n driekamp te hou. Vir die Poniehoewers is dit ernstige sake, veral aangesien hulle niks weet van dressuur nie.
Oefen is maklik, maar die kompetisie raak egter gou ’n harde stryd tussen Dapper, Boontjies en die gesoute Beursie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Vyf Ponies Gaan Plaas Toe! 7
Mary Sadler
Die vyf maats en hul ponies gaan vir ’n hele week op ’n plaas kuier en kom sommer die eerste aand al agter dat alles nie pluis is nie. Amper ’n eeu gelede is hier ’n moord gepleeg en al lê die oplossing moontlik in ’n kloof vol wilde diere, besluit die Poniehoewers hulle gaan uitvind wat gebeur het.
Die toekoms van die plaas en sy mense hang daarvan af!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Donkieman 8
Mary Sadler
Wie is die geheimsinnige Donkieman wat hom op die meent tuisgemaak het? Toe die juwelierswinkel beroof word dui alles daarop dat hy die dief is, maar is hy?
Die Poniehoewers glo hy is onskuldig, maar nou moet hulle dit bewys met net ’n onhandige kulkunstenaar en die dorp se donkies om hulle te help.
Hiehô-hiehô!
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Rodeo Rollie! 9
Mary Sadler
Terwyl die ander vier lede van die Poniehoewe-Klub by ’n perdrykamp is, beland Roy met Rollie en Tjello en ’n Amerikaner in die geheimsinnige rante op sy oom se plaas. Dinge loop lelik skeef as Roy agterkom dat Mister Hank nie is wat hy sê hy is nie, en hy moet ’n plan beraam om te ontsnap. Maar hoe? Rollie is opstandig sonder sy poniemaats en Tjello word beheer deur die man met die rooi bal. Roy is op sy eie …
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Fantastiese, Rowwe, Dodelike, Uhm … Rykamp! 10
Mary Sadler
Dis langnaweek en Ruan, Tessa, Anneke en Dommie woon ’n rykamp by vir gevorderde ruiters waar hulle gaan leer van spring en dressuur. Sommer op dag een al begin die avonture, met ’n nuwe vriendin wat bang is vir perde en glad nie kan ry nie. Nou moet daar planne gemaak word sodat niemand dit agterkom nie. Die gevolg is ’n deurmekaar rondomtalie van ponies, ruiters en beenbeskermers, maar flous hulle regtig die instruktrise?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Die Spookperd van Skimmelkrans 11
Mary Sadler
Die Poniehoewers kuier op Skimmelkrans, waar ’n kameraspan sukkel om ’n film te maak. Die regisseur se senuwees is aan flarde. Wat kortkom, besluit die maats, is aksie en spanning: ’n paar goeie vuisgevegte en ’n geheimsinnige spookperd in die nag sal die storie baie verbeter. Met die beste bedoelings en ’n slinkse plan verander hulle die draaiboek, maar alles verloop toe nie soos hulle gedink nie. Het die Poniehoewe-Klub hulle moses teëgekom?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.