Chrissie se Ramlam
Mary Sadler
Die Karoo Avonture · No. 19
In die jaar 1877 is die Groot Karoo die ene skaapdiewe, maar hoekom raak juis net Chrissie se Ramlam weg?
Chrissie glo daar steek meer agter as net ’n boef se lus vir ’n paar tjoppies en sy begin soek. Gelukkig loop sy vir Lang Henning en Boet raak, wat haar help om die raaisel op te los — en te besef dat Fanus tog nie werklik so ’n aaklige seunskind is nie
(Hierdie korter titel is spesiaal vir jonger lesers geskryf, alhoewel almal dit ewe veel sal geniet.)