Emma Roux · Boek 1
Die Raaisel van die Raam
'n Gewone skildery in 'n peperduur raam – en toe verdwyn albei, behalwe in Emma se sketse.
Koop Kindle e-boek op Amazon (maak in ’n nuwe oortjie oop)
Lees op ’n Kindle of met die gratis Kindle-toep op jou foon, tablet of rekenaar.
- Reeks
- Emma Roux, boek 1
- Genre
- Jeugspeurverhale
- Taal
- Afrikaans
- Gepubliseer
- Bladsye
- 96
- Beskikbare formate
- Kindle e-boek (Amazon) · DRM-vrye e-boek (Groenheide Boeke)
Oor die boek
Emma, 'n talentvolle potloodkunstenaar, merk iets vreemds op by die ou Kombrink-herehuis: 'n doodgewone skildery in 'n uiters duur raam. Wanneer die skildery en die raam later verdwyn, is daar geen bewys dat hulle ooit bestaan het nie – behalwe Emma se sketse. Saam met haar vriendin Hestine pak sy die raaisel aan.