Emma Roux · Boek 2

Die Geheim van die Geroeste Volla

'n Verjaarsdagnaweek op 'n wildplaas lei Emma na 'n versteekte boomhuis en 'n ou Volla-wrak.

Ons bevestig tans die regstreekse Amazon-skakel vir hierdie titel. Intussen kan jy al Anria se boeke op haar Amazon-skrywersblad sien. Anria se Amazon-blad →

Reeks
Emma Roux, boek 2
Genre
Jeugspeurverhale
Taal
Afrikaans
Gepubliseer
Beskikbare formate
DRM-vrye e-boek (Groenheide Boeke)

Oor die boek

Vir die eerste keer sedert graad een word Emma na die Gruvé-tweeling se verjaarsdagpartytjie op hul luukse wildplaas genooi. Haar maats terg dat dit alles oor Bayron Gruvé – die gewildste seun in die skool – se belangstelling in haar gaan. Maar Emma se aandag word gou getrek deur 'n versteekte boomhuis en die wrak van 'n ou Volkswagen-kewer in die bos.