Romantiese verhale ·
Melissa se Kersfees
Melissa wil die nuwe winkelsentrum se opening met 'n Kersfeestema vier, maar haar baas – die ontwikkelaar – wil niks daarvan weet nie. Sy hou aan druk, en raak intussen heg aan sy tienjarige halfsuster. Hoe meer sy probeer uitvind waarom hy Kersfees so verafsku, hoe meer begin sy vir hom omgee.