— Gesloopte Lugkastele —
Gesloopte Lugkastele 1
Johan L. Smith
’n Amper noodlottige ongeluk beseer sy brein so dat hy in ’n diepe koma verval. Tien weke later word hy soos ’n pasgebore baba wakker in ’n onbekende wêreld, sy verlede verlore en sy toekoms aan skerwe. Die mense om hom is vreemdelinge, ongemaklik oor hierdie nuwe persoon wat eens hul geliefde was en nou met dooie oë na hul staar. Selfs God, sy God wat hom nooit verlaat het, ken hy nie meer nie.
Alleen moet hy opstaan en sy pad vind uit die duister, terug na die lig.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Die Lokvink 2
Johan L. Smith
Ondanks ’n ernstige breinbesering verlang Johan terug na sy beroep as prokureur en toe die kans kom, gryp hy dit met beide hande aan. Maar is alles soos dit voorkom? Al gou ontdek hy dat daar gevaarlike onderstrominge in die hofgebou is wat selfs sy eie lewe in gevaar stel. En wie is uiteindelik die lokvink, Johan, of die jong prokureur wat haar geheime met hom deel?
Die Lokvink is ’n vervolg op Johan L. Smith se vorige treffer, Gesloopte Lugkastele, en vertel verder van sy stryd om ’n normale lewe te voer ná ’n amper noodlottige motorongeluk.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.