GROENHEIDE BOEKE

— Annette Gouws —

Die Windbol Italianer

Die Windbol Italianer

Annette Gouws
Heideroos Romanse · No. 36

Fabio Faraldo en sy span kom bied ’n tenniskamp aan by Liliaan-hulle se plattelandse skool, en nog voor die eerste raket geswaai word, is Liliaan smoorverlief op die aantreklike Italiaanse tennisster. Sy leer gou dat die ongeskikte, humeurige Fabio wat sy op TV leer ken het, is bloot ’n karakter wat hy vir sy ondersteuners speel, want nou hier is hy ’n opregte en bedagsame heer wat dit geniet om tyd alleen saam met Liliaan te spandeer. Dan …

“Trou met my, want jy is mooi en hou van tennis.” Dit klink eerder soos ’n besigheidstransaksie as ware liefde, maar Liliaan se hart oorrompel haar kop en as mevrou Faraldo verhuis sy Italië toe. Maar daar begin haar hart te twyfel, want is hul huwelik bloot ’n skyn sodat Rosetta en die ander mal vrouens vir Fabio nou sal uitlos? Gaan sy net ’n broeikas wees vir die dosyn klein tennissterretjies wat hy wil hê? Dan …

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.