— Agatha van der Merwe —
Erfgenaam van Dietenheim
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 34
Tanya moet ’n lewensveranderende besluit neem, maar dan ontmoet sy vir Jean-Pierre. Hulle deel ’n passie vir die natuur en die beskerming van bedreigde plante, ’n liefde wat sy ook saam met oupa Ruben uitgeleef het. Is nuwe liefde genoeg, of is dit belangrik om dít waarvoor sy nog altyd gewerk het, ten koste van haar eie geluk te behou? Dis wanneer Jean-Pierre agterdogtig raak oor die geheimsinnigheid en gejaagdheid rondom haar komende huwelik met Francois, dat hy vir Tanya leer dat liefde én geluk is belangriker as aardse rykdom. Maar dit bly knaag waarom is Francois die erfgenaam van Dietenheim, en was Tanya se oorle’ oupa werklik so verbitterd dat hy haar nou met niks los?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Onder die Sekelmaan
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 31
Maryke benodig ’n wegbreek en gaan saam met haar nuwe vriend, Keano, na die eksklusiewe Seyfereiland toe. Hulle wandel in die woud verander egter in ’n nagmerrie en toe Maryke dae later daar uitstrompel, hoor sy dat Keano is vermoor en sy is die hoofverdagte. Gelukkig neem die forse Mitchell haar onder sy vlerk en die twee besef gou dat daar meer agter die moord lê as wat die polisie vermoed. Maryke leer ook dat werk is nie al waaroor die lewe moet gaan nie en dat Mitchell is dalk die man van haar drome. Sy moet egter eers uitvind waarom Keano haar so diep die donker woud ingeneem het, voor sy aandag aan haar gevoelens vir Mitchell kan gee.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Roepstem van die Hart
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 29
Lindie koop die vervalle Swaanpark en huur ’n boumaatskappy op te help met die restourasie van die vakansie-oord. Onbekend aan Lindie, is Bernard, haar eks-man, ’n vennoot in die maatskappy en dis hy wat by Swaanpark opdaag. Sy maatskappy is egter die beste met hierdie soort werk en Lindie besluit dat sy Bernard se teenwoordigheid maar sal moet verdra. Oor die komende weke besef beide Lindie en Bernard dat ’n derde persoon in die geheim verantwoordelik was vir die opbreek van hul huwelik en dat hulle steeds gevoelens vir mekaar het. Ongelukkig is daar verskeie persone wat nie die hereniging van Lindie en Bernard se liefde vir mekaar sal duld nie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
As Maskers Val
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 27
Die koerant kry ’n wenk dat Justin Hudson, ’n afgetreede mynmagnaat, nou met perlemoen smokkel op Gansbaai. Eloise moet die storie gaan ondersoek, onder die voorwendsel dat sy oubaas Hudson se biografie wil skryf. Sy kinders vermoed onraad, veral Matthew, alhoewel hy tog ook aangetrokke voel tot Eloise. Dit is wanneer Eloise vir Justin Hudson en Matthew agtervolg terwyl hulle ’n duistere transaksie beklink, dat Eloise se kop en haar hart met mekaar begin stry – want sy hou van oom Hudson en Matthew laat haar veilig en warm voel.
Waarom sal die Hudsons, met hul biljoene, dan by perlemoensmokkelary betrokke wees? Eloise besef sy sal die hele sindikaat moet oopvlek om te weet of sy haar hart aan Matthew kan gee.E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Uitverkoop
Agatha van der Merwe
GSSR · No. 5
Die oggend wat Dwayne die bewustelose vrou uit die see gered het, het sy hele lewe verander. Sy het aan geheueverlies gely, so Dwayne het haar maar May gedoop en haar laat help op sy seiljag met die verfilming van ’n reeks oor die kuslyn. Dit is wanneer Dwayne se verloofde vir May uitken as haar vriendin, Vanessa, maar May self aandring dat haar regte naam Adelaide is, dat Dwayne ondersoek begin instel. Hulle vind uit dat haar naam werklik Vanessa is, en dat sy met ene Morné getroud is. Die polisie toon egter meer belangstelling in die beeldmateriaal vir die program as in wat daardie oggend met Vanessa gebeur het, selfs toe sy spoorloos verdwyn en Morné ontken dat hy ooit getroud was.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
E-boek beskikbaar vanaf die KARAMEL Biblioteek.
Seeprinses
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 22
Naomi moet die onverklaarbare dood van dolfyne gaan ondersoek. Sy beland in die enigste gastehuis op ’n klein, afgeleë gehuggie, waar die ander gaste ’n klomp mans is wat heeldag visvang. Behalwe die geheimsinnige Herman wat dalk net te veel in haar werk belangstel. Dit blyk gou dat die taak nie so maklik gaan wees nie en dat visvang is nie al waarmee die mans hulself besig hou nie, tot so ’n mate dat Naomi se ontluikende gevoelens nie net verraai word nie, maar dat sy naderhand ook in lewensgevaar verkeer.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Op Gister se Spore
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 19
Amelia word ingelig dat sy is die erfgenaam van ’n plaas in Ierland. Aangesien haar lewe nie te vlot verloop nie, besluit sy om sak en pak ’n nuwe begin in ’n nuwe land te gaan maak. Die aankoms is egter nie soos sy verwag het nie en word Amelia uit noodsaak gedwing om vir eers te loseer by haar toekomstige buurman. Hy reken egter dat alles is nie pluis met die erflating nie en begin ondersoek instel. Om alles te kroon, is Amelia skielik seker dat haar erfplaas tans bewoon word deur die misbaksel wat jare gelede haar lewe verwoes het.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Droomvrou
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 16
Deal Apteek benodig ’n voltydse boekhouer en Marlize is perfek vir die werk. Sy kan egter nie verstaan waarom Deon, die een apteker en mede-eienaar, konstant fout vind met wat sy doen nie, wanneer hy oor die algemeen vriendelik is met die ander personeel. Dis ook nie asof sy ogies maak vir hom nie, want Marlize weet beter as om met getroude mans te lol. Dinge bereik egter breekpunt wanneer Marlize se narsissistiese eks-verloofde, Paul (nou getroud en met ’n kind), by haar begin vlerksleep en almal by die apteek vir Marlize oordeel omdat sy toegee aan sy opdringerigheid. Sy besluit dat vlug en verdwyn is die enigste oplossing. Tog kan sy nie die mense van Deal Apteek heeltemal agterlaat nie, veral nie toe Deon se lewe ingrypend verander nie.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.
Antoni se Laaste Vlug
Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 13
Vir jong Nikita voel dit soos die einde van haar wêreld toe Antoni in ’n vliegramp sterf. Sake vererger soos sy betrek word by die duistere gebeure wat aanleiding gegee het tot die ongeluk – soos die versteekte kluis in ’n pakkamer. Renier, ’n suksesvolle besigheidsman, ontferm hom oor haar situasie, maar voer ’n opdraande stryd om haar hart te wen. Te veel belange is op die spel en die ondersoekspan krap onder elke klippie.
Sake bereik breekpunt wanneer Antoni se ware lewe aan die lig kom en Nikita besef dat sy het nooit werklik haar broer geken nie. Met alles verlore, moet sy op Renier vertrou of is hy ook net besig om haar te gebruik?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.