GROENHEIDE BOEKE

— Casper H. Marais —

Skeur van die Dood

Skeur van die Dood

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 19

Rooi Jan ontdek ’n noodbrief in ’n rivier vanaf ’n ou vriend. Die soektog lei na die Skeur van die Dood, wat bewaak word deur gevaarlike, blaflose honde. Met die hulp van verskeie jongmans moet hy die mag van die “Temmer van die Luislange” breek.

Oorspronklik uitgegee in 1949.

 
Nag van Onheil

Nag van Onheil

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 18

Rooi Jan en Jeanette bevind hulself in die laer van ’n trek oppad na die noorde, wanneer hulle versoeke ontvang vanaf verskillende persone. Moet hulle saam met Jan Willemse noord trek, óf moet hulle vir tant Siena gaan help, óf moet hulle gaan uitvind waarom Kwambhulo in gevaar verkeer?

(Hierdie boek volg op Die Skedeldraers.)

Oorspronklik uitgegee in 1949.

 
Die Skedeldraers

Die Skedeldraers

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 17

Op soek na Louis Trichardt se trek, kom Rooi Jan en Jeanette af op Portugese myners, Arabiese slawe-handelaars en drie heilige dromme.

Oorspronklik uitgegee in 1949.

 
Die Swart Arend

Die Swart Arend

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 16

Baluba is nog nie klaar met Grensland nie en hierdie rondte maak hy gebruik van ’n dodelike gifstof om die grensboere en trekkers uit te roei. Vir al sy krag is Rooi Jan magteloos teen so ’n gevaar, maar hy en Jeanette moet maar net probeer om die geslepe toordokter te keer voordat almal in Grensland sterf.

(Hierdie boek volg op Jagters van die Wit Hart.)

Oorspronklik uitgegee in 1949.

 
Die Gifdraers

Die Gifdraers

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 14

Dit blyk dat Cherkaff nog nie klaar is met Grensland nie, maar hierdie keer het hy ’n ander, meer drastiese set om die grensboere uit sy smokkelplanne te hou. Sal Rooi Jan daarin kan slaag om aan die skurk en sy trawante vir altyd ’n einde te maak?

(Hierdie boek volg op Slaags met ’n Gruwelbende.)

Oorspronklik uitgegee in 1948.

 
Jagters van die Wit Hart

Jagters van die Wit Hart

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 15

Rooi Jan en Jeanette — ja, goed, Leeu, Blits en Storm ook — is warm op die spoor van ’n maniak wat die harte van grensboere uitsny vir sy persoonlike plesier!

Oorspronklik uitgegee in 1948.

 
Die Vloek van Grootrivier

Die Vloek van Grootrivier

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 9

Grootseur Amos Haacker voer sy skrikbewind langs die Grootrivier te ver deur vir Jeannette te ontvoer.

Oorspronklik uitgegee in 1948.

 
Die Dag van Afrekening

Die Dag van Afrekening

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 10

Rooie maak ’n geweldadige einde aan grootseur Amos Haacker se skrikbewind langs die Grootrivier.

(Hierdie boek volg op Die Vloek van Grootrivier.)

Oorspronklik uitgegee in 1948.

 
Deur Vloedwaters en Vlamme

Deur Vloedwaters en Vlamme

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 8

Na die ondergang van sy rowersbende, sweer Mike Gollantz wraak teen die Britse magte en die grensboere. Met die hulp van ’n oud-seerower en dié se matrose beplan hy die finale ondergang van almal — veral Rooi Jan en Jeanette s’n.

(Hierdie boek volg op Die Rowers.)

Oorspronklik uitgegee in 1947.

 
Die Ivoorjagter

Die Ivoorjagter

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 4

Rooi Jan en ’n groep grensboere volg die kaart wat vader Castellio nagelaat het na die ivoorskat diep in die wildernis tot amper by Natal. Maar die bewakers van die ivoor gaan dit nie so maklik opgee nie!

(Hierdie boek volg op Die Noodroep uit die Oerwoud.)

Oorspronklik uitgegee in 1946.

 
Die Rooilem-moordenaars

Die Rooilem-moordenaars

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 5

Krygers met rooilem-assegaaie moor links en regs. Kan Rooie die gevaar betyds stop voordat hulle die hele Grensland se bevolking uitgeroei?

Oorspronklik uitgegee in 1947.

 
Die Rowers

Die Rowers

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 7

Iemand steel ivoor uit die forte en Rooie word gevra om die skuldiges vas te trek. Ongelukkig vir die boewe ontvoer hulle vir Jeanette, en dit maak die saak dus nou persoonlik.

Oorspronklik uitgegee in 1947.

 
Die Skrik van Grensland

Die Skrik van Grensland

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 1

Die begin van die avonture. Rooi Jan, Leeu en Blits is saam die mees gevreesde gevaar in Grensland, waar hulle die hordes anderkant die Visrivier op hul plek hou.

Hiee-e-e-haa-a-a-hoee-e-e-e!

Oorspronklik uitgegee in 1946.

 
Die Wreker

Die Wreker

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 2

Dis 1819 en die Vyfde Grensoorlog breek met alle geweld uit. Terwyl Makana met sy duisende krygers Grahamstad aanval, is Rooi Jan diep in hul agterhoedes besig om ’n persoonlike wraak uit te deel.

(Hierdie boek volg op Die Skrik van Grensland.)

Oorspronklik uitgegee in 1946.

 
Die Noodroep uit die Oerwoud

Die Noodroep uit die Oerwoud

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 3

Rooi Jan ontvang ’n brief vanaf die ou sendeling wat hom as kind gered en grootgemaak het, dat dié in die moeilikheid is. Natuurlik haas Rooie hom so vinnig moontlik diep in Grensland in om die oubaas te help.

Oorspronklik uitgegee in 1946.

 
Die Heilige Grot

Die Heilige Grot

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 6

Twee jagters is besig om die olifante van Rooi Jan se woud uit te moor en in die stop hiervan ontdek Rooie dat sy ou vyand Mopanja steeds leef. Dié beraam ’n slinkse plan om vir Rooi Jan in die Heilige Grot te vermoor en sodoende sy mag oor die volk te versterk, asook die jagters se bebloede ivoor te steel. Met verraad wat hoogty vier, word Jeanette ook nog betrek by die sluwe planne.

(Hierdie boek volg op Die Rooilem-moordenaars.)

Oorspronklik uitgegee in 1947.

 
In die Leeukuil

In die Leeukuil

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 12

Die mag van die swart kommando is gebreek, of so reken Rooi Jan. Dis egter die verdwyning van nog ’n meisie, ontvoer deur die einste skerpskutters met koperkoeëls wat vir Rooie weer op die spoor van die Heilige Dromme en Paul Verdoz, die skurk daaragter, sit. Dinge loop lelik skeef en gou bevind Rooi Jan en Jeanette hulself letterlik in die leeukuil as offerhandes aan die Beskermers van die Dromme.

(Hierdie boek volg op Die Swart Kommando.)

Oorspronklik uitgegee in 1948.

 
Slaags met ’n Gruwelbende

Slaags met ’n Gruwelbende

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 13

Daar word geweers na die Griekwas gesmokkel en iemand vermoor grensboere. Rooi Jan se ondersoek na beide lei na ’n gedugte en verraderlike teenstander, wat nie skroom om sy eie luitenante van die gras af te maak nie. In samewerking met ’n seerower word ’n lokval vir Rooie gestel, met Jeanette as lokaas.

Oorspronklik uitgegee in 1948.

 
Die Swart Kommando

Die Swart Kommando

Casper H. Marais
Rooi Jan · No. 11

Dis die vooraand van die Sesde Grensoorlog en terwyl Rooi Jan die woelinge ondersoek, kom hy onder vuur van ’n kommando Xhosa-skerpskutters. Dis nie hul normale metode van oorlogvoering nie en Rooie vermoed die hand van ’n vreemdeling. Sake lei na ’n geheimsinnige vallei en nog ’n stap nader aan die Heilige Dromme wat menige kryger oorheers.

Oorspronklik uitgegee in 1948.