GROENHEIDE BOEKE

As Maskers Val

As Maskers Val

Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse · No. 27

Die koerant kry ’n wenk dat Justin Hudson, ’n afgetreede mynmagnaat, nou met perlemoen smokkel op Gansbaai. Eloise moet die storie gaan ondersoek, onder die voorwendsel dat sy oubaas Hudson se biografie wil skryf. Sy kinders vermoed onraad, veral Matthew, alhoewel hy tog ook aangetrokke voel tot Eloise. Dit is wanneer Eloise vir Justin Hudson en Matthew agtervolg terwyl hulle ’n duistere transaksie beklink, dat Eloise se kop en haar hart met mekaar begin stry – want sy hou van oom Hudson en Matthew laat haar veilig en warm voel.Waarom sal die Hudsons, met hul biljoene, dan by perlemoensmokkelary betrokke wees? Eloise besef sy sal die hele sindikaat moet oopvlek om te weet of sy haar hart aan Matthew kan gee.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.