Gesloopte Lugkastele
Johan L. Smith
Gesloopte Lugkastele · No. 1
’n Amper noodlottige ongeluk beseer sy brein so dat hy in ’n diepe koma verval. Tien weke later word hy soos ’n pasgebore baba wakker in ’n onbekende wêreld, sy verlede verlore en sy toekoms aan skerwe. Die mense om hom is vreemdelinge, ongemaklik oor hierdie nuwe persoon wat eens hul geliefde was en nou met dooie oë na hul staar. Selfs God, sy God wat hom nooit verlaat het, ken hy nie meer nie.
Alleen moet hy opstaan en sy pad vind uit die duister, terug na die lig.
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.