Ek is Johan!
Johan L. Smith
Hier is die ware verhaal agter die wegholtreffer, Gesloopte Lugkastele. Dit is die belewenis van ’n negentienjarige dienspligtige wat sodanig in ’n motorongeluk beseer is dat hy tien weke lank in ’n koma was en uiteindelik wakker geword het as ’n mens sonder verlede, sonder emosies, wat skaars kon loop en slegs onverstaanbare geluide kon maak. Hier beskryf hy self die lang pad wat hy afgelê het totdat hy met selfvertroue kon sê: Ek is Johan!