Machinatie
Gerrie Oosthuizen
Heideroos Romanse · No. 6
Elize het haar man verloor in ’n verdagte bootongeluk. Die versekering betaal teësinnig uit en Ruan Vorster word aangestel om die saak verder te ondersoek.
Alles is duidelik nie pluis nie, want Elize tree op asof sy kranksinnig word. Ook weier sy om die versekeringsgeld te aanvaar. In ’n poging om agter die kap van die byl te kom nooi Ruan haar om saam met sy suster en dié se verloofde ’n langnaweek op sy wildplaas deur te bring. En dis dan wanneer Ruan ontdek dat Elize se eienaardige gedrag te make het met ’n persoon wat direk betrokke was by die ongeluk: ’n handlanger, of dalk haar oorlede man se spook?
E-BOEK (DRM-VRY)
E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.