KARAMEL Biblioteek

Man Sonder Kop

Man Sonder Kop

Braam le Roux

Die Swart Luiperd · No. 14

Die Swart Luiperd is vyftig treë van die toneel van afskuwelikheid af. Hy skree so hard as wat hy kan; die Rama swaai om op die rug van sy perd. Dadelik sien hy die aanstormende Swart Luiperd. Hy ruk aan die teuels van sy perd en mompel iets. Die wit perd swaai om; dadelik sien die dier vir Leon. Die oë van die perd het skielik verander. Sonder dat die Rama op haar rug haar spore gee, pyl sy op Leon af. Haar oë is rooi en nou is die dier met haar rooi oë en spierwit vel ’n ware hel-perd. Die sandkorrels spat soos sy storm. Daar is ’n snaakse gesnork wat afskrikwekkend klink. Dit lyk asof die reuk van bloed en die aanskouing daarvan haar mal gemaak het.

Oorspronklik uitgegee in 1954.

Teken aan om te lees!

Besonderhede:

KBI : ZKJSZRNV

Subskripsie : Premium (Betaal)

Uitgewer : GROENHEIDE BOEKE

Eerste uitgawe in : 1954

Biblioteek uitgawe : 1.00 (2023)

Aflaai Grootte : 253.20 KB

Boekbeskouings en leeswaarde:

Nog geen boekbeskouings nie.