Die Watermonster Brul
Die Swart Luiperd · № 26
Die Swart Luiperd is steeds in Bolivië, waar hy en Ricardo Barossa, ’n ryk Portugees en avonturier, uiteindelik die mitiese Stad van Woera bereik het. Daar is die ontvangs egter minder as vriendelik, weens die vyandigheid van Berto, Ricardo se broer en nou die koning van die stad. Dit raak ’n stryd om oorlewing, met ’n angsvolle nag in die Grot van die Verderf en ’n geveg in die Put van Verderf teen die gevreesde watermonster. Gelukkig vir Leon is almal in Woera nie tevrede met Berto se tiranniese heerskappy nie en raak die Swart Luiperd teen sy sin betrokke by ’n rewolusie – maar wie is sy vriende, die soldate of die priesters?
Oorspronklik uitgegee in 1955.
Besonderhede:
KBI : GLXHGPHR
Subskripsie : Premium (Betaal)
Uitgewer : KARAMEL Biblioteek
Eerste uitgawe in : 1955
Biblioteek uitgawe : 1.00 (2024)
Aflaai Grootte : 411.60 KB
Boekbeskouings en leeswaarde:
Nog geen boekbeskouings nie.