
Bloedfees van die Ape
Die Swart Luiperd · No. 21
Die dreuning van die vliegtuig word oorverdowend. Die masjiengeweer bars weer los. In daardie oomblik voordat die masjiengeweer weer dood en verderf gebraak het, sien die Luiperdman Percy se gesig, ’n verwronge gelaat met helder doodssweet op sy gesig. Hy sien die hand wat opwaarts gryp en ’n versmoorde kreet volg. Dan ruk Percy se liggaam soos warm lood hom deurboor. Die vliegtuig duik opwaarts en Percy bly lê, vormloos.
Casper C. Langford, ’n ryk Amerikaner, se seun het verdwyn naby die Berge van die Draak. Nou word die hulp van Die Swart Luiperd ingeroep om die soekgeselskap te lei. Maar is dinge soos dit lyk? Waarom beweer die Luiperdman se Pigmee-vriend dat daar is nie ’n verlore seun nie? Wie, of eerder wat is die Banjanie waarteen gewaarsku word?
Oorspronklik uitgegee in 1955.
Besonderhede:
KBI : DJCZCZBW
Subskripsie : Premium (Betaal)
Uitgewer : GROENHEIDE BOEKE
Eerste uitgawe in : 1955
Biblioteek uitgawe : 1.00 (2023)
Aflaai Grootte : 228.21 KB
Koop hierdie boek in PDF-formaat:
PDF uitgawe : 1.00
PDF datum : 16/09/2024
PDF grootte : 400.73 KB
PDF prys : R 40.00
Boekbeskouings en leeswaarde:
Nog geen boekbeskouings nie.