Die rooimaan droom
... en dit was
so duidelik soos daglig
(al was dit in die aand)
dat die seer
wat ek gedink het gaan my breek
het my toe skaars geraak.
Jou houe
en woorde
en vloek op vloek op vloek
het nie die eerste laag
van my bestaan deurgedring nie.
... en met ’n glimlag om my mond
het ek onverskrokke
stil gestaan
dat vergifnis en vrede
met ’n slyp skerp mes
die besmette vel
stukkie vir stukke
van my lyf afhaal.