GROENHEIDE BOEKE

Die Swart Luiperd

19

Geheim van die Wit Heks

Braam le Roux

Alle gebeure en karakters in hierdie boek is fiktief, behalwe waar anders die geval is. Enige verdere ooreen­stemming met werklike persone, dood of lewendig, is bloot toevallig. Terme en benamings is eie aan die tydperk en geensins bedoel om aanstoot te gee nie.

Hierdie verhaal speel af omstreeks die jaar 1928 in Suid-Amerika, waar die Swart Luiperd sy vriend Ignatius Malan gehelp het met antropologiese navorsing onder die Amarari- en Oekapi-stamme. Lees Pad van die Arend, Die Duiwel is ’n Vrou, Gees uit die Vuur en Waar die Dooies Leef vir die avonture wat Leon en sy diere-makkers tot dusver beleef het.