GROENHEIDE BOEKE

Droomvrou

Droomvrou

Agatha van der Merwe
Heideroos Romanse

Deal Apteek benodig ’n voltydse boekhouer en Marlize is perfek vir die werk. Sy kan egter nie verstaan waarom Deon, die een apteker en mede-eienaar, konstant fout vind met wat sy doen nie, wanneer hy oor die algemeen vriendelik is met die ander personeel. Dis ook nie asof sy ogies maak vir hom nie, want Marlize weet beter as om met getroude mans te lol. Dinge bereik egter breekpunt wanneer Marlize se narsissistiese eks-verloofde, Paul (nou getroud en met ’n kind), by haar begin vlerksleep en almal by die apteek vir Marlize oordeel omdat sy toegee aan sy opdringerigheid. Sy besluit dat vlug en verdwyn is die enigste oplossing. Tog kan sy nie die mense van Deal Apteek heeltemal agterlaat nie, veral nie toe Deon se lewe ingrypend verander nie.

GEDRUKTE BOEK

R 50.00

KORTING van 28%

Gewone Prys R 70.00

0 IN MANDJIE

Eerste uitgawe, eerste druk, 2020.

Sagteband, 18.5cm × 12.7cm, 180 bladsye.

ISBN: 978-1-928482-12-3.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.