GROENHEIDE BOEKE

http://groenheide.co.za/outeur/rgvvfk-agatha-van-die-merwe/

Gekopieregte materiaal – Slegs vir persoonlike of opvoedkundige gebruik.

— Agatha van die Merwe —

Droomvrou

Droomvrou

Agatha van die Merwe
Heideroos Romanse

Deal Apteek benodig ’n voltydse boekhouer en Marlize is perfek vir die werk. Sy kan egter nie verstaan waarom Deon, die een apteker en mede-eienaar, konstant fout vind met wat sy doen nie, wanneer hy oor die algemeen vriendelik is met die ander personeel. Dis ook nie asof sy ogies maak vir hom nie, want Marlize weet beter as om met getroude mans te lol. Dinge bereik egter breekpunt wanneer Marlize se narsissistiese eks-verloofde, Paul (nou getroud en met ’n kind), by haar begin vlerksleep en almal by die apteek vir Marlize oordeel omdat sy toegee aan sy opdringerigheid. Sy besluit dat vlug en verdwyn is die enigste oplossing. Tog kan sy nie die mense van Deal Apteek heeltemal agterlaat nie, veral nie toe Deon se lewe ingrypend verander nie.

GEDRUKTE BOEK

R 70.00

0 IN MANDJIE

Eerste uitgawe, eerste druk, 2020.

Sagteband, 18.5cm × 12.7cm, 180 bladsye.

ISBN: 978-1-928482-12-3.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.

 
Antoni se Laaste Vlug

Antoni se Laaste Vlug

Agatha van die Merwe
Heideroos Romanse

Vir jong Nikita voel dit soos die einde van haar wêreld toe Antoni in ’n vliegramp sterf. Sake vererger soos sy betrek word by die duistere gebeure wat aanleiding gegee het tot die ongeluk – soos die versteekte kluis in ’n pakkamer. Renier, ’n suksesvolle besig­heidsman, ontferm hom oor haar situasie, maar voer ’n opdraande stryd om haar hart te wen. Te veel belange is op die spel en die ondersoekspan krap onder elke klippie.

Sake bereik breekpunt wanneer Antoni se ware lewe aan die lig kom en Nikita besef dat sy het nooit werklik haar broer geken nie. Met alles verlore, moet sy op Renier vertrou of is hy ook net besig om haar te gebruik?

GEDRUKTE BOEK

R 70.00

0 IN MANDJIE

Eerste uitgawe, eerste druk, 2019.

Sagteband, 18.5cm × 12.7cm, 168 bladsye.

ISBN: 978-1-928482-07-9.

E-BOEK (DRM-VRY)

E-boek beskikbaar vanaf Amazon.com.