GROENHEIDE BOEKE

http://groenheide.co.za/outeur/ferwpd-gerrie-oosthuizen/

Gekopieregte materiaal – Slegs vir persoonlike of opvoedkundige gebruik.

— Gerrie Oosthuizen —

Machinatie

Machinatie

Gerrie Oosthuizen
Heideroos Romanse

Elize het haar man verloor in ’n verdagte bootongeluk. Die versekering betaal teësinnig uit en Ruan Vorster word aangestel om die saak verder te ondersoek.

Alles is duidelik nie pluis nie, want Elize tree op asof sy kranksinnig word. Ook weier sy om die versekeringsgeld te aanvaar. In ’n poging om agter die kap van die byl te kom nooi Ruan haar om saam met sy suster en dié se verloofde ’n langnaweek op sy wildplaas deur te bring. En dis dan wanneer Ruan ontdek dat Elize se eienaardige gedrag te make het met ’n persoon wat direk betrokke was by die ongeluk: ’n handlanger, of dalk haar oorlede man se spook?

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

GEDRUKTE BOEK

R 60.00

0 IN MANDJIE

Eerste uitgawe, eerste druk, 2018.

Sagteband, 18.5cm × 12.7cm, 188 bladsye.

ISBN: 978-1-920709-46-4.

 
Terugreis na Môre

Terugreis na Môre

Gerrie Oosthuizen
Heideroos Romanse

Suné is vyftig jaar oud en eensaam, totdat sy op aandrang van haar kinders op ’n safari-tog na Zambië gaan. Sy maak kennis met haar agt mede-toergangers, en word veral beïndruk deur die aantreklike Bart Jacobs, ’n wewenaar-sakeman met sielewroeging. Alle geheime drome wat sy ondanks haar teenstand begin koester vervaag egter wanneer hul vliegtuig in die wildernis neerstort en die nege reisigers in ’n stryd om oorlewing betrokke raak. Tog bly die vlammetjie van liefde in Suné brand …

– Lees ‘Hoofstuk 1’ aanlyn!

GEDRUKTE BOEK

R 60.00

0 IN MANDJIE

Eerste uitgawe, eerste druk, 2018.

Sagteband, 18.5cm × 12.7cm, 168 bladsye.

ISBN: 978-1-920709-42-6.