GROENHEIDE BOEKE

http://groenheide.co.za/boeklys.php?titel=kvxmmv

Gekopieregte materiaal – Slegs vir persoonlike of opvoedkundige gebruik.

Spieëlbeeld

Spieëlbeeld

Estelle Diederiks

Wat maak ’n mens as jy soos Job, alles in in die lewe verloor het? Hoe hanteer jy jouself en ander? Hoe beantwoord jy al die vrae en staan weer op uit die stof?

Dis die verhaal van Elsabe Fourie, wie se lewe deur een gebeurtenis totaal en al omgekeer word. Een gebeurtenis wat haar stroop van alles – selfs haar geloof in God.

Elsabe se genesing begin by haar ouma se Bybeltjie en goueraam spieël. Die spieël word haar mentor en rigtingwyser in haar deurmekaar lewe. Eers na sy haarself en haar probleme kan hanteer, het die proses van erkenning, aanvaarding en genesing begin.

Vir Elsabe was dit makliker om weg te kyk, maar ’n spieëlbeeld lieg nie. Dit ontbloot die uiterlike en vlek die innerlike oop tot in die diepste sfere. Tydens spieëltyd kom Elsabe voor die werklikheid te staan en dit laat haar nie net dieper na haarself kyk nie, maar ook na God. Sy ontdek ook dat die Bybel haar spieël tot die lewe is. Dat sondaars vergifnis ontvang, dat elkeen ’n lewensdoel het en dat God steeds daar is en altyd daar sal wees. Dat die lewe, ten spyte van al die aanslae en teënspoed, steeds kosbaar is.

Sy beleef ’n groeityd om elke dag te verander en gevorm te word soos God haar wil hê. Spieëltyd laat jou met ander oë na die lewe kyk.

En dan is daar natuurlik Dawie; Dawie wat vanaf die eerste dag in Elsabe se hart gekruip het. Maar Elzaan verskyn op die toneel en dit is eers na ’n krisis dat Dawie en Elsabe hul liefde vir mekaar vind.

GEDRUKTE BOEK IN STANDAARD GROOTTE

R 170.00

KORTING van 15%

Gewone Prys R 200.00

GOOI IN MANDJIE

0 IN MANDJIE

Eerste uitgawe, eerste druk, 2016.

Sagteband, 21cm × 14.8cm, 203 bladsye.

ISBN: 978-0-9946949-9-7.